Ry die R359 Kokerboom Roete tussen Kanoneiland en Kakamas

 
Ry n bietjie hierdie alternatiewe stadiger route, eerder as die gewone N14. Hier volg n tipiese roete wat jy kan volg of aanpas soos jy wil. Die roete vanaf Kanoneiland to Kakamas is n redelike grondpad met baie draaie. Ry dus rustig en maak n oggend of dag daarvan. 

Maak seker jy besoek Kanoneiland eerste. Lees die unieke storie van Kanoneiland, dan sal jou besoek aan Kanoneiland betekenisvol wees. Slaap ten minste 1 aand hier oor.

Stop1
As jou route by Kanoneiland begin, besoek sommer die Kanoniki Padstal aan die beginpunt. Hier kan jy ook sommer n heerlike ontbyt of middagete geniet. Volg vandaar die R359 tot in Kakamas.

Jou eerste unieke geboue wat jy sal sien, is die van n Joodse gemeenskap wat 100 jaar gelede hier gebly het. 
Verroeste stoor omtrent 100 jaar oud, volgens Nico, die boer op wie se grond dit staan.
Net oorkant die pad staan hierdie Joodse gebou. Net bokant die kuifdeure staan die datum 1932.
Hierdie bome was aangeplant deur die Jode. Daar staan ook n laning van die bome daar naby.
Stop2
Die Kokeboom Roete (Quiver Tree Route) volg die R359 vanaf Kanoneiland in die ooste tot Augrabies watervalle in die weste. Ry uit na die top van Tierberg in Keimoes en geniet die onvergeetlike panorama. Keimoes, Moeboes, Grootoog, die oog wat ver sien. Daar ver in die weste lê Neusberg links en Swartbooisberg regs van die rivier. Hier voor jou, soos die teerpad na Neilersdrif loop lê die eilande.
Stop3
Stop daarna by die Koms Kokerboom Kwekery. Die kwekery is onder lisensie van die Departement van Omgewingsake en Natuurbewaring. Hulle onderneming was in 2005 gestig. Hulle verskaf internasionaal. Hulle reik ook die nodige sertifikate uit indien dit nodig mag wees.

If you come from Keimoes, turn west onto the R359 for about 8,6km. The turnoff will be on the right. Just be aware that the first (and older) signpost will take you to the "Koms Boerdery". Instead, travel westwards for another 400m. Here you will find the correct (and newer) signpost to the nursery, about 4km down the road. Just before the nursery, park under the tree.
Stop4
Vandaar kan jy verder ry en n bietjie gaan stop by die Neus-keerwal. Hierdie keerwal is 936m lank en 6m hoog.

Vandaar is dit n kort entjie na Kakamas. Net voor die eerste landerye gaan jy deur Duiwelsnek die dorp binne. Hier is baie mooi rots formasies in die omgewing.
____________________
____________________
____________________
____________________
____________________