Kanoniki Padstal (E Kanoneiland 3km)

Ons is geleë by Kanoneiland op die Louisvalepad, suid vd rivier, by Karsten Boerdery se indraai. Die padstal is die eerste gebou, die ou OWK proelokaal, as jy afgedraai het.

Die Padstal het 1 November 2021 oopgemaak. Hier volg n opsomming tot dusver van die eienaars.

Daar was 'n ou liedjie waarvan ek net die volgende onthou: "Dit gaan swaaaar met die land, swaaaar met die rand ...". Dis baie jare terug en ek onthou nie die res nie, maar ons is nou weer daar. Ons het Kanoniki Padstal in 'n moeilike tyd begin.

So het baie ander ook in hierdie tyd met 'n "kom wat wil" houding dieselfde gedoen en so ervaar baie klein besighede dieselfde pyn in hierdie tye waar dinge net nie wil loop soos dit moet nie.

Ons Suid-Afrikaners is veerkragtige mense. As ons afval, stof ons ons boude af en klim weer op. As ons dink dis die einde, besef ons ons kan nog bietjie aanhou. As die begroting in sy glory gaan, bedink ons nuwe planne en bowenal is ons van die weinige mense wat, wanneer ons die grootste terugslae en moeilikheid ervaar, ons binne twee dae sosiale media oorval met grappe daaroor.

Sukkel is nie lekker nie en teenspoed is uitmergelend.

Vandag dink ons aan elke padstal-, restaurant-, gastehuiseienaar en enigeen in die toeristebedryf wat swaarkry en ons wil vir julle sê: "Ons is 'n veerkragtige klomp vasbyters". Hou uit en moenie moed verloor nie! O ja, en kom kuier by ons. Ons gaan jou dag maak met die lekker stories van ons wêreld sonder dat ons krag gaan dip. Cheers!


Facebook: https://web.facebook.com/Kanoniki-Padstal-106263651780019/
Tel: 060 651 0971 eMail: kanonikipadstal@gmail.com
Joa Bekker Boek Verwysing: Oorwinning deur Volharding - Rosyne 100 Jaar
Van links: Thea, Joa & Petro
____________________
____________________
____________________