Die storie van die benede Oranje donkies

Photo by Anthony Rae on Unsplash
Die museum in Upington het n lewensgrootte monument van die donkie op die perseel, geskep deur Hennie Potgieter. Dit simboliseer die bydrae wat die donkie in die ontwikkeling van die benede Oranje rivier gespeel het in die pioniers tydperk.
Die bedonderde donkie
Hier is n video van een bedonderde donkie van ons omgewing wat ek afgeneem het. Sou jy dit deur die hek waag sal hy jou sekerlik byt en skop.
Uit die geskiedenis
Die donkies wat die trekwaens getrek het was later gebruik om die persele te sleep. Die donkies het aan die staat behoort, maar kon deur die boere gebruik word.

As voorbeeld hiervan het n ene Mnr AS Brink op Karos n paar spanne donkies gehad om die gronde daar te laat sleep. n Ene Krisjan Byleveldt was in beheer van sowat 20 donkie-spanne. Die diere was gevoer met mielies vanuit die Transvaal en lusern vanuit die Kakamas area.

Die donkies het saans in die veld geloop op soek na kos, maar daar was niks vir hulle om te vreet nie. Hulle is oggende bymekaar gemaak. Hulle was ingespan met n "jam" blik mielies om hul nekke. Die donkies was partymaal so swak dat hulle in die oggend opgetel moes word om hulle ingespan te kry.

Swaerkry
Sommige mense het selfs die boontjie-saad wat hulle van die die staat gekry het om te plant, opgekook en geëet. Ander moes weer die mielies wat vir die donkies bedoel was, opkook en eet. Dus het baie mense en donkies uit dieselfde sak geëet.

Die kinders het hase gevang en tarentale gejag. Hulle het ook visgevang en moes ook duiwe met die rek siek vir sopmaak. Dan is daar ook koffie gemaak van die wortels van die witgatboom!

Sing saam
En wie sal dan Chris Blignaut se liedjie ooit kan vergeet!

… O, die donkie is ‘n wonderlike ding
Ja-nee die donkie is ‘n wonderlike ding
Die donkie is ‘n bonkel, hy’s ‘n boetie van ‘n muil
Sien die een die ander dan begin hy sommer huil

… Ja die donkie, o die donkie
Die donkie is ‘n wonderlike ding
Sy kop is so groot, dit lig sy agterpoot o die donkie is ‘n wonderlike ding

… Ja die donkie is ‘n wonderlike ding
O die donkie is ‘n wonderlike ding
Hy trek as hy staan en hy vrek as hy gaan o die donkie is ‘n wonderlike ding

… Ja die donkie is 'n wonderlike ding
O die donkie is ‘n wonderlike ding
Hy staan teen die draad en hy loer op die straat o die donkie is ‘n wonderlike ding

… O die donkie, ja die donkie
Die donkie is ‘n wonderlike ding
Die donkie is ‘n bielie hy’s ‘n boetie van ‘n muil
Sien die een die ander dan begin hy sommer huil ja die donkie

… O die donkie
Die donkie is ‘n wonderlike ding
Hy rol in die sand en hy vreet ‘n koerant o die donkie is ‘n wonderlike ding

… Ja die donkie is ‘n wonderlike ding
O die donkie is ‘n wonderlike ding
Staan en dink waar die muishond stink o die donkie is ‘n wonderlike ding

… O die donkie, ja die donkie
Die donkie is ‘n wonderlike ding
Hy staan en hik met sy kop in ‘n mik o die donkie is ‘n wonderlike ding

… O, die donkie is ‘n wonderlike ding
Ja-nee die donkie is ‘n wonderlike ding
Die donkie is ‘n bonkel, hy’s ‘n boetie van ‘n muil
Sien die een die ander dan begin hy sommer huil ja die donkie

… O die donkie
Die donkie is 'n wonderlike ding
Hy rol in die sand en hy vreet ‘n koerant o die donkie is ‘n wonderlike ding

… Ja die donkie is ‘n wonderlike ding
Ja die donkie is ‘n wonderlike ding
Hy gaan soms kuier by sy donkie vryer o die donkie is ‘n wonderlike ding

… Ja die donkie is ‘n wonderlike ding
O die donkie is ‘n wonderlike ding
Hy lek haar aan die nek en hy kou haar aan die bek o die donkie is ‘n wonderlike ding

Saamgestel Deur: Johan Swart