Ons was van die gelukkige mense wat ’n bespreking in die Kgalagadi behou het ten spyte van al die onsekerheid rondom die Covid-grendelstaat. Vandag het ons die pad gevat, vanaf Pretoria tot by Twee Rivieren en hier sit ons met ’n vuur wat brand so warm soos ons harte.
Toe ons by Askham verby ry kon ek nie die versoeking weerstaan om by Witdraai in te ry nie. Sien dit is die storie van arme ou Skapie, 106 jaar gelede. Skapie was die seun van ’n Duitse Schutztruppe en ’n Namavrou, in die naburige Duits-Wes-Afrika. Die Duitsers het gesê hy is ’n skaapdief en ’n informant. Dit was 1914 en die Eerste Wêreldoorlog het gedreig om uit te breek. Die Unie van Suid-Afrika was presies vier jaar oud en ’n Britse kolonie. Reg langsaan was die Duitse kolonie, die vyand. Die lang storie van die Kgalagadi Oorgrenspark se ontstaan as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog sal ek volledig vertel op ’n ander dag, maar ou Skapie het ’n klein onbenullige rolletjie daarin gespeel, wat hom sy lewe gekos het en vandag kon ek ’n bietjie nader ondersoek instel.
Ek draai in by Witdraai polisiestasie en ontmoet die vriendelike Adjudant Abraham van Wyk, orals bekend as Schalla. Ten spyte van die feit dat hy sopas weereens teruggekom het van die verskriklike en tragiese toneel van verlede week se 11 sterftes as gevolg van die brand in die lodge op Blinkwater bied Schalla aan om my na Skapie se boom te neem.
Dit het so gebeur: In 1914 kamp ’n klomp Duitse soldate op die plaas Hasuur in Duits-Wes. Hulle besluit om SA “binne te val” Haha. Hulle was minder as 12 soldate, maar hulle het ’n appeltjie met Skapie te skil en kruis die grens by Rietfontein. Hulle vang vir Skapie by Rappels se Kop, wat tot vandag Skapie se kop ook genoem word.
Nou beweeg hulle na Witdraai om die SA stelling daar aan te val, maar daar is niemand tuis nie.. Haha. Hulle dreig Skapie om te vertel of te erken en uiteindelik bind hulle hom teen ’n boom vas en fusilleer hom. Die legende lui dat die koeëlgate tot vandag daar in die boom sigbaar is. Dit is wat Schalla my vandag gaan probeer wys het. Op die foto hierby kan die boom gesien word, as dit die regte boom is. Die boom staan agter ’n wildsheining van die Khomani Boesmans se jagplaas Erin. Schalla sê hy gaan probeer om vir my toegang te kry sodat ek die boom kan ondersoek vir Skapie se koeëlgate.
Die interessante ding van arme Skapie se lot is dat dit een van die enigste twee skote is wat deur vyandelike vuur op Suid-Afrikaanse grondgebied afgevuur is tydens die twee wêreldoorloë. Van die ander een sal ek ook op ’n ander dag vertel. Albei hierdie skote het iets te doen met die Kgalagadi se ontstaansgeskiedenis.
Book: History of the Kgalagadi National Park

Deur: Koos Marais
Ander verwysings na Koos Marais:
Facebook: https://web.facebook.com/koos.marais.77
Books can be ordered from kosiemarais@gmail.com
See Koos Marais Category below for all related items
Retha Stadler se inligting:
Gedurende die Nama-oorlog van 1904 -1908, vertel wyle ouma !Uno, het Skapie uit die destydse Namibië voor die Duitse Schutztruppe gevlug. Hy was ’n baie kort Boesmantjie, maar hy het dit sy taak gemaak om sy volksgenote te waarsku dat die Duitsers in aantog was.
Van duin na duin het hy gevlug en elke keer teruggekyk om te sien of hulle nog aankom. Hy het vanaf die rigting van Rietfontein gevlug al na Witdraai se kant. Net anderkant Witdraai se polisiestasie het hy onder die Kapteinsboom gaan rus en net daar het die Duitsers hom betrap.
Hulle het hom vasgebind en agter die perde aangesleep tot by die groot kameeldoringboom. Daar het hulle hom aan die boom vasgebind en doodgeskiet. In die boom se stam kan die sewe koeëlgate vandag nog gesien word. Snaaks genoeg het die tak van die boom waaraan Skapie vasgebind was doodgegaan terwyl die ander tak aanhou lewe het.
Verwysings na Retha Stadler & Loch Maree:
Website at https://lochmareeguestfarm.co.za/
eMail: lochmaree@absamail.co.za
Cell: 27 82 351 1834 / 27 82 492 3469
Retha Smit Stadler also runs a Facebook group Open Africa Kalahari Red Dune Route