Kommandant Albert Stadler was ’n dapper en moeilike man, maar sy vrou was nog kwaaier as hy. Een van sy kleinneefs was Bontie Stadler wat ongelukkig in 2018 na ’n kort siekbed aan kanker oorlede is. Bontie was getroud met Retha Stadler, net so ’n formidabele vrou. Sy is vandag die dryfveer agter die Rooiduin Roete (Red Dune Route) in die Noordkaap en die baas van die luukse gasteplaas, Loch Maree digby die Kgalagadi Nasionale Park.
Tydens die Anglo-Boereoorlog het kommandant Stadler onder Generaal Jan Smuts gedien. Op die generaal se opdrag vertrek Stadler en 30 of 50 man (twee weergawes verskil hieroor) na Rietfontein om voorrade by Christoffel le Riche, pa van Johannes en Joep, en oupa van Elias en Stoffel, onder andere, te gaan haal.
Kommandant Stadler is toe verder na Christoffel le Riche se winkel op Rietfontein waar hy die voorrade in ontvangs geneem het. Daaronder was ook twee “loodswaar” kissies. Die kissies het hy teruggeneem na sy plaas op Kakamas waar hy dit agter die wal van die kanaal begrawe het, onoopgemaak.
Na die oorlog het hy die twee kissies opgegrawe en “vreemde” toestelle daarin gevind. Dit het bestaan uit onder andere batterye en plastiek kassies met baie opgerolde koperdraad daarin. Dit was dus heel moontlik radiotoestelle. Stadler het seker nie geweet wat om daarmee te maak nie. Sy kwaai vrou het die draad uit die plastiek kassies gehaal en die bakkies in haar kombuis gebruik. Stadler het die draad gebruik as onderdele vir trekgoed.
Twaalf jaar later dreig die Eerste Wêreldoorlog en baie moeilike Boere besluit om in opstand te kom. Een donker nag kom twee mans in uniform by Stadler se huis aan: “Generaal” Manie Maritz en Kaptein Piet Joubert. Hulle sit in die kombuis saam met Stadler se vrou waar sy hulle bedien. Die oudste dogter lê styf agter en teen die toe kombuisdeur en luister die gesprek af. Die mans praat gedemp, sodat sy nie kan hoor wat hulle sê nie, maar haar ma, mevrou Stadler, hou nie terug nie.
Vir haar man sê sy kliphard: “As julle te sleg is om teen die Engelse te veg, dan moet julle almal uit my aangesig verdwyn, ingesluit jy Albert Stadler.”
Stadler, wat met groot onderskeiding in die Anglo-Boereoorlog opgetree het, het nie die uitdaging nodig gehad nie. Hy het daar en dan by Maritz aangesluit en baie dapper geveg. Die soldate van die Suid-Afrikaanse Unie se Verdedigingsmag (UVM) het minder eerbaar opgetree. Hulle het mev Stadler en haar kinders in Kakamas geïnterneer, net soos die Engelse twaalf jaar vroeër met die Boere families gedoen het.
Uiteindelik, op 25 Januarie 1915, skiet die UVM vir kommandant Stadler dood en kom een van die soldate smalend by mev Stadler aan met die nuus. Sy en haar kinders kon toe teruggaan na hulle vernielde plaashuis.
’n Paar maande later is wyle Kommandant Albert Stadler se laaste seun gebore. Sy ma doop hom Kommandant Albert Stadler. Sy neef Cassie het drie seuns gehad, een van hulle was Bontie.
Loch Maree is ’n lieflike kuierplek. Retha hou daarvan om gaste na die hoogste duin te neem vir skemerkelkies. Van bo van haar piekniekplek af kan gaste ’n sonderlinge sonsondergang oor ’n ongeskonde soutpan beleef. Sy bied luukse verblyf in 'n familiesuite aan.
Book: History of the Kgalagadi National Park
Verwysings na Retha Stadler & Loch Maree:
Tydens die Anglo-Boereoorlog het kommandant Stadler onder Generaal Jan Smuts gedien. Op die generaal se opdrag vertrek Stadler en 30 of 50 man (twee weergawes verskil hieroor) na Rietfontein om voorrade by Christoffel le Riche, pa van Johannes en Joep, en oupa van Elias en Stoffel, onder andere, te gaan haal.
Kommandant Albert Stadler
Op pad soontoe, by Middelpos, raak Stadler se kommando slaags met David Vilander, leier van die Mier Basters. Een van Stadler se manskappe, Sarel Oberholzer, skiet vir David dood. (Hierna sou Mier nooit weer dieselfde wees nie. David het reeds baie van die Mier grond verkoop en na sy dood is die res vinnig verkwansel en oorgeneem.)
Kommandant Stadler is toe verder na Christoffel le Riche se winkel op Rietfontein waar hy die voorrade in ontvangs geneem het. Daaronder was ook twee “loodswaar” kissies. Die kissies het hy teruggeneem na sy plaas op Kakamas waar hy dit agter die wal van die kanaal begrawe het, onoopgemaak.
Na die oorlog het hy die twee kissies opgegrawe en “vreemde” toestelle daarin gevind. Dit het bestaan uit onder andere batterye en plastiek kassies met baie opgerolde koperdraad daarin. Dit was dus heel moontlik radiotoestelle. Stadler het seker nie geweet wat om daarmee te maak nie. Sy kwaai vrou het die draad uit die plastiek kassies gehaal en die bakkies in haar kombuis gebruik. Stadler het die draad gebruik as onderdele vir trekgoed.
Twaalf jaar later dreig die Eerste Wêreldoorlog en baie moeilike Boere besluit om in opstand te kom. Een donker nag kom twee mans in uniform by Stadler se huis aan: “Generaal” Manie Maritz en Kaptein Piet Joubert. Hulle sit in die kombuis saam met Stadler se vrou waar sy hulle bedien. Die oudste dogter lê styf agter en teen die toe kombuisdeur en luister die gesprek af. Die mans praat gedemp, sodat sy nie kan hoor wat hulle sê nie, maar haar ma, mevrou Stadler, hou nie terug nie.
Vir haar man sê sy kliphard: “As julle te sleg is om teen die Engelse te veg, dan moet julle almal uit my aangesig verdwyn, ingesluit jy Albert Stadler.”
Stadler, wat met groot onderskeiding in die Anglo-Boereoorlog opgetree het, het nie die uitdaging nodig gehad nie. Hy het daar en dan by Maritz aangesluit en baie dapper geveg. Die soldate van die Suid-Afrikaanse Unie se Verdedigingsmag (UVM) het minder eerbaar opgetree. Hulle het mev Stadler en haar kinders in Kakamas geïnterneer, net soos die Engelse twaalf jaar vroeër met die Boere families gedoen het.
Uiteindelik, op 25 Januarie 1915, skiet die UVM vir kommandant Stadler dood en kom een van die soldate smalend by mev Stadler aan met die nuus. Sy en haar kinders kon toe teruggaan na hulle vernielde plaashuis.
’n Paar maande later is wyle Kommandant Albert Stadler se laaste seun gebore. Sy ma doop hom Kommandant Albert Stadler. Sy neef Cassie het drie seuns gehad, een van hulle was Bontie.
Loch Maree is ’n lieflike kuierplek. Retha hou daarvan om gaste na die hoogste duin te neem vir skemerkelkies. Van bo van haar piekniekplek af kan gaste ’n sonderlinge sonsondergang oor ’n ongeskonde soutpan beleef. Sy bied luukse verblyf in 'n familiesuite aan.
Deur: Koos Marais
Ander verwysings na Koos Marais:
Facebook: https://web.facebook.com/koos.marais.77
Books can be ordered from kosiemarais@gmail.com
See Koos Marais Category below for all related items
Website at https://lochmareeguestfarm.co.za/
eMail: lochmaree@absamail.co.za
Cell: 27 82 351 1834 / 27 82 492 3469
Retha Smit Stadler also runs a Facebook group Open Africa Kalahari Red Dune Route