In die winter van 2007 het ek op die plaas Kirriis-Wes (spelling korrek) 80 kilometer oos van Keetmanshoop gaan jag. Die eienaar was oom Dicky Strauss. Oom Dicky was ’n legende wat nooit ophou stories vertel het nie.
Eendag tussendeur die jagtery vertel hy van sy oom wat so ryk was, wat “in die oorlog in die Karasberge vir 18 maande weggekruip het” en wat in die Namibwoestyn saam met sy pa en ma en sussie deur ’n Namabende oorval is, maar weer vrygelaat is.
Dit was al wat oom Dicky my kon vertel van sy ryk oom met die naam Ernst Luchtenstein. Ernst se suster, Charlotte, was oom Dicky se ma.
Met hierdie inligting het ek begin navorsing doen en nege jaar later, in 2016, Die Keiservoël Oor Namaland, ’n boek wat handel oor die Luchtensteins en die Nama-oorlog van 1904-1908 gepubliseer. Hierdie boek het my hele lewe verander, op verskeie maniere. Die heel belangrikste by verre was die nuwe vriende wat ek in die proses gemaak het. ’n Hele paar van hulle is ongelukkig nou al dood. Een van laasgenoemdes was Willem Kotzé van Keetmanshoop. Willem het die Luchtensteins geken en alles van die dorp geweet.
Eendag het hy my op ’n uitgebreide toer deur die dorp geneem. Een van die plekke wat ons besoek het was die begraafplaas. Eintlik was daar twee begraafplase, die een vir Jode en die ander vir nie-Jode. Willem was baie geïrriteerd met die verval van die dorp en veral met die begraafplase. Dit was skokkend, maar in Suid-Afrika het ons sulke goed begin aanvaar.
In die Joodse begraafplaas het ek en Willem bietjie getalm by die graf van Joseph Luchtenstein, die vader van Ernst, hoofkarakter in my boek. Willem het my geleer van die Joodse gebruik om ’n klippie by die linkervoet van die graf te plaas. Later sou hy my ook vertel dat dit volgens Joodse tradisie onaanvaarbaar sal wees vir ’n Jood op reis om nie by die begraafplaas aan te gaan nie as hy deur ’n dorp sou reis. By latere besoek het ek telkens klippies by ou Joseph se linkervoet geplaas, miskien omdat ek hom so ietwat onregverdig in my roman behandel het.
In die nie-Joodse begraafplaas het ons ’n rukkie gesoek en toe kom ons op die graf waarna ons gesoek het af, dié van Therese Luchtenstein, eggenote van Joseph. Hierdie graf het baie vrae opgelewer waaroor ek lank sou dink en twyfel. Ook Therese is ’n hoofkarakter in Die Keiservoël Oor Namaland. Ek het haar met baie meer respek en waardigheid behandel as haar ou man wat volgens sy nageslag ’n regte knorpot was.
Ek het albei karakters se afsterwe kwaai verromantiseer, in die letterlike en letterkundige sin van die woord. Ou Joseph het ook in werklikheid baie langer geleef as wat ek hom in die boek laat lewe het.
Therese was ’n ander saak. Sy is binne enkele maande nadat sy uit Duitsland in Namibië (Duits SWA) aangekom het oorlede, waarskynlik aan tifoīedkoors, en dit op 16 Desember, 1906. Presies 89 jaar later op 16 Desember 1995, is my eie ma oorlede. In die boek het ek gelieg dat ’n luiperd Therese doodgemaak het. (Baie jammer daaroor Tannie Therese.) Om my storie chronologies gladder te laat verloop moes ek haar sterfdatum ook verander.
Die punt van my relaas en “leuens” was dat haar seun Ernst en sy sussie deur aanneemouers grootgemaak is omdat ou Joseph in die regte lewe te besig was met sy transportryery (met ossewaens). Die aanneemouers was McKay, ’n Skot met een oog en sy Namavrou. By sy aanneemma het Ernst die Namataal geleer praat. Hierdie is wel feitelik korrek.
Ek en wyle Willem Kotze het lank gewonder oor Therese se graf in die nie-Joodse begraafplaas. Hoekom het hulle haar in Desember 1906 daar begrawe en nie in die Joodse begraafplaas nie? Willem was oortuig dat sy nie ’n Jodin was nie. ’n Paar jaar gelede is die geheim opgeklaar toe ’n verlangse Luchtenstein familielid bewys het dat Therese se nooiensvan Meyerov was.

Ten tyde van haar dood in 1906 was daar nog nie ’n Joodse begraafplaas in die dorp nie. Sy is toe sommer net daar in die algemene begraafplaas begrawe, iets wat ou Joseph nie eintlik tot eer gestrek het nie, sou ek sê. Die oudste graf in die Joodse begraafplaas is dié van die driejarige Hans Plaut wat eers in 1912 gesterf het en begrawe is. Dit beteken dat die Joodse begraafplaas rondom daardie tyd tot stand gekom het.
Therese se graf was uniek in een opsig. Daar was twee grafstene, die een ooglopend baie oud en die ander meer modern en imposant. Die ou een het sommer net daar rondgelê. Ek en Willem het ook klippies by Therese se linkervoet gepak en toe ’n dop gaan drink in die Schützenhaus.
In die loop van die nege jaar van my skrywery aan die boek het ek Keetmanshoop ’n paar keer besoek. Die verval van die dorp en begraafplase het net erger geword. Ek het die Joodse mense van Keetmanshoop wat vandag oor die hele wêreld verspreid woon, genader vir skenkings om die begraafplaas te restoureer. Harry Luchtenstein van Australië, Mike Levin van Grootbrak en Avrim Eden van New York is ’n paar van die Jode wat geld geskenk het. Ek het al die geld aan Rabbi Moshe Silberhaft oorbetaal. Na ’n baie lang gespook is die Joodse begraafplaas herstel en die ringmuur netjies geverf, te danke aan die Rabbi se invloed en die paar Jode wat in Windhoek agtergebly het.
Al uitstaande kwessie was Therese, tragiese heldin en slagoffer van my verhaal, se graf in die nie-Joodse begraafplaas. Volgens Joodse gebruik was dit onaanvaarbaar. Sy moes óf herbegrawe word óf daar moes ’n ringmuur om haar graf aangebring word. Rabbi Moshe het op laasgenoemde besluit. Weereens moes ek sukkel om ’n kontrakteur te kry. Sypie Baard van Keetmanshoop het my gehelp om by Deon Blaauw uit te kom en uiteindelik het Deon die werk gedoen. Therese kan nou ook in ’n regte Joodse begraafplaas rus, met twee grafstene, ’n oue en ’n “nuwe”.
Dit is ’n gepaste einde aan ’n baie lang verhaal, maar miskien ook nie. In die boek vertel ek baie oor die wreedhede van die Duitse magte tydens die Nama-oorlog. Dit is iets wat tot vandag toe internasionaal opslae maak omdat Duitsland in Mei 2021 verskoning daarvoor gevra het en aangebied het om reparasie van biljoene rande te betaal.
Therese se graf is herstel, maar waar is die grafte van Cornelius Fredericks, Abraham Morris, Jakob Morenga (ook geskryf Marengo) en Hendrik Witbooi? Hierdie vier Namaleiers was almal ware helde tydens die Nama-oorlog, maar nie een van hulle het eers ’n graf nie.

Cornelius is die man wat Joseph en Therese Luchtenstein in die woestyn begenadig het, omdat hy “nie oorlog teen vrouens en kinders maak nie”, nog ’n opgetekende historiese feit. Sy kop is een van dié wat deur Duitse wetenskaplikes na Berlyn geneem is vir sogenaamde navorsing.
Jakob Morenga is deur sy Duitse vyande geëer as ’n eerbare en dapper vegter. Sy liggaam is op die plaas Eensaamheid naby Pella gelaat om deur aasvoëls en honde opgevreet te word. Hendrik Witbooi is in die veld naby Vaalgras deur sy seuns begrawe en die graf is verbloem sodat die Duitsers dit nie kon vind nie. Abraham Morris was die Last Man Standing wat eers in 1922 tydens die Bondelswarts opstand doodgeskiet is in die omgewing van Noordoewer. Ook hy is deur sy vyande bewonder vir sy eerbaarheid. Sy liggaam is net daar in die barre woestyn begrawe, maar vandag weet niemand waar dit is nie.
Book: History of the Kgalagadi National Park
Joseph Luchtenstein, vader van Ernst en Charlotte (en ander).
Therese Luchtenstein, hoofkarakter in Die Keiservoël Oor Namaland. Ek was haar dit verskuldig...
Therese Luchtenstein se oorspronklike grafsteen het vir dekades verwaarloos rondgelê. Nou is dit op haar graf aangebring.
Koos Marais en Willem Kotze by Therese Luchtenstein se graf in die nie-Joodse deel van die begraafplaas.
Die nuut gerestoureerde graf met simboliese ringmuur om Therese Luchtenstein se graf.
Die nuut gerestoureerde Joodse begraafplaas in Keetmanshoop.
Die oudste graf in Keetmanshoop se Joodse begraafplaas. Dit verklaar hoekom Therese in die Nie-Joodse deel begrawe is.
Joseph Luchtenstein se grafsteen in Keetmanshoop se Joodse begraafplaas.
Rabbi Moshe Silberhaft en Koos Marais. Deur ons gesamentlike poging is 'n paar sake reggestel. Sien teks.
Deur: Koos Marais
Ander verwysings na Koos Marais:
Facebook: https://web.facebook.com/koos.marais.77
Books can be ordered from kosiemarais@gmail.com
See Koos Marais Category below for all related items