Boesmans van die Kgalagadi Park

Daar is geen twyfel dat hul die beste spoorsnyers in die wêreld is nie. Hul moes vroeër spoorsny, want dit is hoe hul oorleef het. Vir die gewone mens beteken spoorsny die volg van 'n dier se spore, maar die boesmans volg nie net die spoor nie, hul interpreteer dit.
Makai Kruiper & Agarob Bladbeen
Die kundigheid en vernuf het vorige Parkhoof Elias le Riche en die voor hom in staat gestel om stropers te agtervolg en te vang. Met navorsingsprojekte op diere was die dienste van 'n goeie boesman-spoorsnyer onontbeerlik.

Vir geskiedkundige redes is dit belangrik dat die name van die Boesmans wat 'n bydrae in die Park gelewer het, pertinent genoem word.

'Die eerste Sewe Panne-groep het bestaan uit die Bladbeen-, die Kruiper en die Malgas familie. 

Agarob was 'n Bladbeen. Hy het 3 vrouens gehad, Gokos, Kubidis en Takos. Sy kinders was o.a. Kalelei, Houthoop, Hortse, Ou Ooi en Ou Jan. 
Agarob Bladbeen
Die leier van die Malgas-groep het slegs as Ou Malgas bekend gestaan. Van die nasate was Tokkie (bekend as Klein Malgas); dan was daar Abraham en Mietjie Malgas.'

'Die bekendste van die Kruipers was Regopstaan, maar daar was ook 'n Petrus, Isak en Dawid. Laasgenoemde het later redelik bekend geraak in die media met grondhervorming. Een van die Kruiper vrouens was Namiros, wat met ' n Ovambo, Andrew Festus getrou het. 
Makai Kruiper
Hul seun, Andrew het een van Elias le Riche se heel beste spoorsnyers ooit geword.' In 2020 het Andrew, Elias se kleinseuns vir 5 dae veld toe geneem om hul te gaan leer spoorsny.

Inligting uit 'Die Leeuvanger van Nossob, Elias le Riche' - deur Koos Marais


Ander Verwysings:
Kalahari Red Dune Route - Dankie Retha vir die teks.