Waar kom die Noord-Kaap & Namibia plekname vandaan?

Persone wat bydra se naam sal na die verduideliking verskyn, soos byvoorbeeld die Kenhardt naam verduideliking. Enige-iemand kan bydraes lewer dmv die "Review" metode heel-onder. Groen is gedoen. Geel benodig verdere verduideliking. Oranje moet nog verklaar word.

Namakwaland - Vernoem na die Namastam

Diamandveld - Weens die diamant "rush" sedert 1866
Kalahari - Afkomstig van die Tswana woord "Kgala", wat groot dors beteken. Sien die volledige verklaring in die lys hieronder.
Groen Kalahari - Die Oranje Rivier en omgewing
Karoo - ka-ROO, afkomstig van die Khoekoe of Khoemana woord !Aukarob. Uit n ander bron se dit "Karoo is a “quenna” word meaning “dry and hard”.
Volgens A.K. Cornelissen het vroeë reisigers dit Carroo of Karow geskryf na die Naamwoord Xhaeruh wat hard of droog beteken. Die eerste intrekkers het dit dan ook Droogeveld genoem.
  • AbeamDie plaas lê op die pad na die Gemsbokpark (Kgalagadi TFP). Onder ou Nama word dit nog met die klikklank T’kabeam genoem wat opkom en wag beteken. Die water in die sand was baie vlak en diere kon self grawe. Wanneer ‘n donkie byvoorbeeld water grawe sal hy die eerste bietjie uitsuip en staan en wag dat die water meer moet opkom. Hierdie waterplek tussen die duine was aan die vroegste intrekkers en jagters bekend. A.K. Cornelissen
  • Aggeneys
    • Dit is vernoem na die plaas waarop dit ontstaan het. Die plaas lê tussen Pofadder en Springbok en die naam verwys na die plek waar bloed gevloei het. Dit mag verwys na ‘n jagtoneel in die kloof, maar meer waarskynlik verwys dit na die geval waar ‘n groepie Boesmans in die kloof agtervolg en dood geskiet is. A.K. Cornelissen
  • Ai-Ais – Die warmbron beteken baie warm of vuurwarm. Die plek is vanaf omstreeks 1850 bekend, waarskynlik ook baie vroeër want vanaf 1815 het Wesleyaanse sendelinge al met hulle hoofkwartier op Warmbad die volgelinge van Abraham Bondelswart en Cupido Witbooi in daardie omgewing bearbei.

    Ai-Ais het eers in 1912, heeltemal bekend geword weens die versoek van Mnr. J.A. van Wyk, ‘n boer van die plaas Steenkampspan noord van Upington. Hierdie man kon as gevolg van rumatiekkoors beswaarlik beweeg en met ‘n Kleurling helper het hy na Warmbad met ‘n kar en perde gegaan. Op Warmbad verneem hulle toe dat Ai-Ais se water nog warmer is en hul vertrek daarheen.

    Die Visrivier was nog dig begroei met bome, en van takke en riete het die helper vir hom ‘n soort van ‘n vlot gemaak om in die stroom van die oog se water te kan lê. Met ‘n beker om water te drink en kos vir ‘n aantal dae het die helpers hom daar gelaat en eers terug gery na Karasburg (destyds Kalkfontein) om voorrade te gaan koop vir ‘n lang verblyf. Mnr van Wyk het wonderbaarlik herstel en die nuus het versprei. Siekes het daarna die plek besoek en veral warm modder-baddens geneem en soveel moontlik van die warm water gedrink. Die water het ‘n hoogste temperatuur van 60 grade Celsius en is ryk aan chloride, sulfaat en fluoor en medies word dit aanvaar dat die drink en uitsweet van baie water goeie gevolge kan hê. 
    A.K. Cornelissen
  • Akkerboom – In 1892 het Jan de Wet van Goudini hier aan die dig bebosde oewer naby Friersdale kom woon. Sy kinders was op Franshoek in die skool en het daarvandaan ‘n akkerboompie in ‘n blikkie saamgebring en hier kom verplant. De Wet was een van die pioniers wat die moontlikheid van wingerdbou gesien het en het later wynkuipe van die Boland af na Prieska per trein en verder met ‘n muilwa na Akkerboom vervoer. A.K. Cornelissen
  • Alexanderbaai - Dit het ontstaan as n delwersdorp. In 1839 het Sir James Alexander hier n myn hoofkwartier gestig.
  • Alheit – Dit heet na Ds. Alheit, ‘n predikant van die arbeidskolonie (Kakamas). A.K. Cornelissen
  • Areachap – Die plaas lê net buite Upington en was bekend vir die teel van Afrikanerbeeste. Die oorspronklike Namawoord is met ‘n klikklank uitgespreek en beteken die plek van die groot bosse. A.K. Cornelissen
  • Augrabies
    • Die hoof waterval is 56m. Die naam is afkomstig van n Nama woord, na die Khoi stam dit "Aukoerebis" genoem het. Dit beteken letterlik "Plek van groot geraas".
    • Rivierbewoners het na die waterval verwys as die plek van die groot geraas. In 1779 het Robert Gordon die waterval op sy kaart aangedui as Aukoerebis. Wikar was die eerste blanke wat die waterval (in 1778) besoek het en hy het dit bloot die groote waterval genoem wat “van een klipkrans afstorten 2 maal so hoog als’t casteel” bedoelende die kasteel in Kaapstad. A.K. Cornelissen
  • Askham - Hier is ook n paar verklarings.
  • Is vernoem na een van die inheemse leiers in die area en wat tradisioneel die tuiste van die San, Koranna en Nama's was.
  • Die Skotse landmeter, Rodger (Malkop) Jackson, die naam gegee na n dorp op die Ierse kus. Ander meen weer die naam kom van "Ask him" toe n boer so-iets noem.  Niemand is juis 100% seker oor die ontstaan van die naam nie.
  • Auob – Die rivier in die Gemsbokpark beteken bitter rivier en is in die volksmond verander van Auxab na Ouab na Ouob. A.K. Cornelissen
  • Barklywes
  • Bassonsdrif – Die plek naby Kakamas verwys na die Bassonbasters wat daar gewoon het. A.K. Cornelissen
  • Blousekop – Die heuwel suid van Kanoneiland word reeds in ‘n verslag van 1879 genoem as Blaukop en was ook bekend as Piet Blou se kop, onder die eerste nedersetters. A.K. Cornelissen
  • Bokhara – Sowat 10 kom noord van Swartmodder staan die postal wat reeds in 1885 gebou is.  Hierdie gewelhuis was ‘n hotel, bottelstoor en winkel en het dienste gelewer tot 1935.  Posstukke vir die plaas Blomfontein het dikwels na die Vrystaat gegaan en toe met die koms van die karakoelskaap het die eienaar die postal gedoop na Bokhara. A.K. Cornelissen
  • Ligging van Bokhara
  • Brabees – W.C. Sculley beweer dat dit die plek van verwelkte blomme beteken. A.K. Cornelissen
  • Brandvlei - Die dorp het ontstaan in die droë loop van die Sakrivier. n Trekboer by name "Ou Brand" het hier kom bly en vandaar die naam.
  • Brulsand – Die brulsand van die plaas Witsand is wit duinsand wat ‘n dreungeluid maak as dit in beweging kom.  ‘n Sekere voggehalte is nodig om die beste dreuning te bewerkstellig.  Oorspronklik was dit gewone rooi Kalahari sand waarvan die rooi kleur veroorsaak word deur ‘n mikroskopiese dun lagie ysteroksied om die korrels.  In die waterryke kol is daar heelwat koolsuurgas en kaliumbikarbonaat in die water aanwesig en dit los die ysteroksied op om wit, geronde gladde sandkorrels na te laat.  Met "roaring" glip die gladde sandkorrels teen mekaar verby en veroorsaak so die trilling.  Die massatrillingseffek word gehoor as ‘n dreungeluid.  Hierdie skoon wit sand is eintlik baie geskik vir die maak van die glas. Wanneer weerlig daar slaan gelei die klam plantwortels die strale en smelt die sandkorrels aanmekaar rondom die wortels.  Dit word fulguriete of bliksembuisies genoem en is gewoonlik glad binne met swart roetlekke. A.K. Cornelissen
  • Buffelskop – Die kop na-aan die pad by Loxtonvale is reeds in 1779 deur Wikar op kaarte aangebring weens die baie buffels wat hy daar gekry het. Op die kop lê vele klipskerwe wat daarop dui dat dit ‘n fabriek van die oermense was waar hulle klipwerktuie vervaardig het. A.K. Cornelissen
  • BritstownNamed after Hans Brits, who accompanied David Livingstone on a venture to the interior and then settled on the farm, Gemsbokfontein. Soon after the discovery of diamonds at Hopetown and Kimberley, Brits realised that he and his neighbours could earn good money serving the growing traffic along the Diamond Way. So Brits arranged for a town to be laid out on a portion of his farm. As a tribute to him it was named Britstown.
  • CalviniaDs. Hofmeyer, eerste predikant van die gemeente Hantam, het op sy eerste kerkraadsvergadering voorgestel dat die nuwe kerkdorp na die hervormer Calvyn vernoem word. A.K. Cornelissen
  • CampbellCampbell was originally known as Grootfontein, but was renamed in honour of Reverend John Campbell who visited the Cape Colony in 1813. Barlett's Church, built in 1831, is one of the oldest churches north of the Orange River and both Reverends Robert Moffat and David Livingstone preached from its pulpit.
  • Carolusberg - Daar was n eertydse Hottentot genaamd Karolus in die omgewing. Vandaar het die naam ontstaan.
  • Carnarvon
  • Colesberg
  • Curriescamp – of Currieskamp.  In 1856 het Moffat dit Pampiers Werf genoem.  Met die eerste Korana-oorlog van 1869 het Sir Walter Currie sy hoofkamp hier gehad gehad met ‘n mag van 210 Frontier Armed and Mounted Police, 400 Boere en Basters, 101 Gaikas en een Armstrong kanon. A.K. Cornelissen
  • DanielskuilDanielskuil takes its name from a cone-shaped depression 6 metres (20 ft) deep in the dolomitic limestone; with a domed covering, reminiscent of the biblical ‘Daniel in the lions' den’ (Afrikaans: kuil, ‘hole’, ‘pit’). The Griqua leader Adam Kok is said to have used this depression as a prison, and to also have kept snakes in it.
  • De Aar - Stoom lokomotiewe het natuurlik baie water nodig gehad. Weens die waterskaarste was die spoorweë verplig om n plaas met die naam Caroluspoort te koop om die watervoorraad aan te vul. Die water het uit sowat 100 boorgate gekom om die nodige water aan die treine te lewer. Die water het soos are ondergronds geloop.
  • DelportshoopDelportshoop was originally called “Thomas Hope”, but later the name was changed to “Delport’s Hope” . The first Prosecutor was P.J. Marais. He farmed on Langberg in the region. Marais were told a story that the first diamond was found by a young man whose surname was Delport. The diamond diggers then changed it to Delport’s Hope. Later the ‘’Hope’’, became ‘’Hoop’’.
  • Dibeng
  • Douglas - Die dorp het in 1867 ontstaan as n sending stasie en is vernoem na die Luitenant Generaal van die Kaap Provinsie, Sir Percy Douglas.
  • Dyasonsklip – Gedurende die Tweede Korana-oorlog en wel op 10 April 1879 het kmdt M.C. Taggart hier met die Koranas slaags geraak. Die Koranas was tussen die klippe verskans en met die stormloop het veldadjudant W. Dyason gesneuwel en is op Currieskamp met militêre eer begrawe. Mnr. H.O. Davies die latere plaaseienaar het Dyason se beendere weer op die plaas herbegrawe. A.K. Cornelissen
  • EksteenfonteinThe town was originally known as Stinkfontein (stinking spring), but was later renamed in honour of a Reverend Eksteen, the pastor who had helped the Baster in finding a new place to live. No one had any idea then, that their new home – the Richtersveld – would one day be recognised as one of the foremost floral destinations in the world. This botanical wonderland became a World Heritage Site, declared for its natural and cultural importance, in 2007.
  • Fraserburg
  • Friersdale – Met die tweede Korana-oorlog van 1879 was dit bekend as Keveis en die eerste groot geveg het plaasgevind by die heuwel net agter die teenswoordige Grootrivier-koöoperasiewinkel.  Later het ‘n uitgewekene Kanadese Matroos, Robert Frier, met sy nie-blanke vrou hier kom woon en ‘n huis gebou en moontlik ook die eerste privaat kanaal gegrawe op die plek waar Mnr. Stollie Wiese later gewoon het.  By verbreking van Frier se huis het Mnr. Wiese ‘n bousteen gekry met die datum 1883 daarop.  Die naam van Luit Fryer kom ook voor in die verslae van die Tweede Korana-oorlog en heel waarskynlik was dit dieselfde persoon, veral ook as in ag geneem word dat grond aan blanke mans met nie-blanke vroue toegeken is en dat Farini ook die naam as Fryer geskryf het.  Die gronde is teen 1882 uitgegee en Frier kon moontlik sy huisie op sy eie plaas gebou het.  Toe Farini hom in 1885 besoek, het die huis al daar gestaan asook die kanaalvlak voor sy voordeur en toe het hy al ‘n groot tuin gehad met vye, perskes, pere, turksvye, koring, mielies, kool, waatlemoen en druiwe, en hy het hom veral toegelê op die kweek van tabak.  Volgens Farini was hy ‘n kenner van kruiemedisyne.  Dit word vertel dat Frier ook ‘n bekende transportryer was en dat hy ook ‘n koringmeul gebou het met ratte wat van olienhout gemaak is.  In die volksmond het Friersdale Vryersdal geword. A.K. Cornelissen
  • GariepGariep is also a “quenna” word meaning “big water”or river.
  • Garies - Het vroeër ook die name van Keertweder, Kweekrivier en Genisdal gehad. Daar het n spesifieke soort fynkweek daar voorgekom, en dis vertaal uit n Hottentotwoord. Hier is ook n oulike video van Garies.
  • Goodhouse – Wikar skryf dat hy in 1778 by Goodhouse aangekom het, maar op sy kaart word dit aangedui as Goedois.  In die Namataal beteken Gu-daos ‘n skaapoorgang of aldan die drif waar skape oor die rivier geswem het.  Moontlik was dit met die ontwikkeling van die mynbedryf in Namakwaland dat die Engelse spelwyse gevolg is.  Dit word beskou as die warmste plek in Kaapland met ‘n gemiddelde somertemperatuur van 103 F (sê 40 C). A.K. Cornelissen
  • Gordonia – Die distrik is vernoem na Sir Gordon Sprigg, destydse eerste minister van die Kaapkolonie en nie soos soms beweer word na Robert Gordon nie. 
    • Hierdie gebied was eers bekend as Koranaland, rofweg noord van die Oranjerivier vanaf Augrabies tot by Kheis, maar sonder ‘n noordelike grenslyn;  Koranaland het maar later Betsjoeanaland geword.  Na die Tweede Korana-oorlog van 1879 het Koranaland Basterland geword met ‘n noordelike grenslyn beskryf as suid van die Kalahariduine vanaf die baken Andriesfontein tot by die suidelike baken van die plaas Abeam en dan al met die Moloporivier tot aan die Oranjerivier.  In 1981 is Gordonia weer omskryf om by die grenslyne van Suidwes (Namibia) en Betsjoeanaland (Botswana) aan te pas.  Die wette van Kaapland het nou hier van toepassing geword en op die Grens is polisieposte gestig, die sogenoemde Ports of Entry. A.K. Cornelissen
  • Griekwastad - Die London Missionary Society het in 1795 met sendingwerk in Kaapland begin en teen 1802 was daar twee sendelinge, Anderson en Kramer by Leeuwenkuil net suid van die teenswoordige Griekwastad.  In 1805 het Lichtenstein nog vir Anderson daar gekry en daar het ‘n leeu nog die nag van die vee gevang.  Anderson het sy stasie hoer op verskuif na Klaarwater.  
    • In 1812 was die naam Klaarwater nog in gebruik en het die bevolking uit Basters, Korannas en Namas bestaan.  Toe op 7 Augustus 1813, volgens Campbell, is ‘n volksvergadering gehou en:  “Die gansche vergadering keurde het goed om die inwoners dezer stad in het gevolg Griquaas in plaatz van Basters – Hottentotten en die plaatz zelfe Griquastad te noemen”.  Daar was toe sowat 1260 Basters en 1340 Koranas.  Die naam Griquas verwys moontlik na Afriquas.  Met die vroegste besoeke van die Portugese aan Saldanhabaai het daar bloedvermenging plaasgevind en daardie tipe Baster is die Afriquas genoem. A.K. Cornelissen
  • Grootdrink - Dit was eers Grootsuip, maar was later vernoem na Grootdrink. Daar was destyds n spesifieke plek waar die diere by die water kon uitkom om water to suip. Verwys na hierna
  • Groblershoop - In 1939 is die dorp hernoem na Piet Grobler, n vorige Minister van Landbou. Die dorp was reeds gestig in 1914 op die plaas Sternham voordat die dorpnaam hernoem was.
  • Hanover
  • Hartbeesrivier – Wikar het die rivier al aangedui as die Kamkas of Harte Beest terwyl Gordon dit die Cammaga genoem het.  Dit verwys na T’Kamab, die Koranawoord vir hartebees. A.K. Cornelissen
  • Hartswater
  • Hopetown
  • Hondeklipbaai - Op n hoogtetjie bokant die dorp is daar n groot rots. Dit het blykbaar soos n hond gelyk, totdat n weerligstraal sy kop laat afval het.
  • The Dog Stone near the police station, from which the village derives its name, keeps watch over the graves of long forgotten sailors.
  • Hotazel - "Hot-as-Hell". Hier kan dit soms 40 grade Celsius word. Geen twyfel oor waar die naam vandaan gekom het nie.
  • Jan Kempdorp
  • Kakamas - Hier is weereens 2 verklarings vir die naam. Die een is die Khoi woord "gagamas", wat droë klei was wat die vrouens hulle gesigte mee gesmeer het. 
  • Die ander was van n nabygeleë drif wat "Takemas" (plek van die woedende koei) genoem was. Die kwaai koei het blykbaar sommer die Koranna herder bestorm toe hy sy diere oor die water wou lei.
  • In 1779 wys Gordon die drif op sy kaart aan as Takemas en in 1879 noem Jackson dit T’Kakamas:  Wikar het dit slegs as ‘n drif aangedui.  Daar kan min twyfel bestaan dat die naam dus spesifiek na die drif verwys en dat verklarings soos swak weiveld en die plek van rooi klei nie eintlik van toepassing is  nie.  Vernon Forbes se verduideliking word dus aanvaar dat dit beteken die plek van die kwaai koei of aldan waar die koei iemand bestorm het.  Na die Tweede Koranna-oorlog is die drif deur polisie bewaak en die polisiepos het bekend geword as T’Kakamas of Kakamas se polisiepos en so het dit die naam van die omgewing geword. A.K. Cornelissen
  • Kalahari – Dit was seker moeilik om die oorspronklike woord in skryftaal te weergee want Burchell skryf Karriharri en Gordon gebruik Macarigari.  Robert Moffat verwys weer na die Kgalagad – stam wat in die Khalagari woon (ook gespel Kalagare) en sê dat dit ‘n droë waterlose plek of woestyn beteken.  Moffat se Kalagare kan in die volksmond maklik na Kalahari verander het. A.K. Cornelissen
  • Kamiesberg – Oor hierdie bergreeks in Namakwaland skryf Gordon:  “Kamies zynde in’t  Hottentots gras Veld Berg”.  Ander skrywers meen dat dit ‘n groep berge beteken.  Miskien is die Namakwalandse term bergwêreld die beste weergawe. A.K. Cornelissen
  • Kamieskroon - Was vroeër bekend as Ouss. Daar is n indrukwekkende berg en pieke daar naby. Daar is n rotskrans wat soos n kroon om hom lyk wat ongeveer 1 km van die dorp af is. Die dorp was oorspronklik 7 km noord van die huidige plek en was verskuif weens die min oorspronklike spasie in die kloof. Kamies kom van die Nama woord "kam", wat 2 beteken. Dit verwys na 2 pieke in die berg.
  • Ander verklaring. Originally at Bowesdorp. Kamieskroon was founded in 1924, when the Dutch Reformed Church bought the land to relocate from Bowesdorp, 8 km to the north of the current location of the town. The move was forced by a shortage of water and restricted space for the growth of the town.
  • Kanoneiland – Volgens lugfoto’s was dit ‘n groep van sowat 55 eilande, maar die meeste sloepe is opgevul om besproeibare grond te herwin.  Name soos Sand-, Simon-, Kameel-, Baklei-, Ronde-, Swartbas-, Smal-, Agter-, Bo- en Vlameiland verwys nog na die vernaamste eilande. 
    • Gedurende die Tweede Korana-oorlog van 1879 was hierdie digbebosde eilande die skuilplek van kaptein Klaas Lukas en dit is op ses verskillende dae van kanonvuur bestook.  Net na die geveg by Dyasonsklip op 10 April 1879 is die eilande vir die eerste keer gebombardeer met twee kanonne vanaf twee heuwels sowat 200 treë vanaf mekaar en onder dekking van die kanonvuur kon soldate die eiland nader en paaie oopkap om die kanonne nader te bring.
    • ‘n Verbeeldingryke legende lui dat die Koranakaptein self ‘n kanon gemaak het deur ‘n uitgeholde boomstam met kruit, potskerwe, hoefysters en wat nog te laai en op die aanvalsmagte te rig.  Toe hulle die lading brandsteek was daar net ‘n geweldige ontploffing en deur die rookwolk en kruitdamp het die gekreun van bebloedes en gewondes gekom.  Om sy manne aan te spoor sou die kaptein gesê het:  “Toemaar kêrels, as dit hier so lyk dink net hoe dit moet lyk waar die koeël geval het”. A.K. Cornelissen
  • KathuIts name means "town under the trees", after the Camel Thorn forest it is situated in. The Camel Thorn tree Acacia erioloba forest is one of only two in the world with the other being between Mariental and Rehoboth in Namibia. Its unique nature was recognised in the early-1920s when it was declared a State Forest. In 1995 it was registered as a Natural Heritage Site. The Kathu Forest is approximately 4000 hectares in size.
  • Keboes – Dis nou ‘n plaas suid van Kanoneiland.  Oorspronklik het die naam verwys na ‘n plek hoer op langs die rivier waar ook die eerste offisiële sendingkerk langs die rivier gehou is.  In ou geskrifte word dit ook Cabus genoem.  Die betekenis en korrekte uitspraak van die naam is nog onbekend, maar moontlik is dit verwant aan Koeboes (ook Kuboos geskryf) in die Richtersveld van Namakwaland.  Hierdie Koeboes word in die Nama t’Koeboes uitgespreek en die betekenis verwys na brak grond. A.K. Cornelissen
  • Keidebees – Woongebied van Upington.  Die Tamarisk, ‘n boomsoort wat algemeen in die omgewing voorkom, staan as “Dabbie” in Namataal bekend.  Groot (kei) Abikwas (of Tamarisk) sou dan Keidabies gewees het wat in die volksmond tot Keidebees ontwikkel het, groot dabbiebome. A.K. Cornelissen
  • KeimoesOp sy kaart van 1779 wys Gordon die plek aan as Moeboes, groot oog, of aldan die oog wat ver kan sien.  Waarskynlik verwys dit na Tierberg by Keimoes van waar die oog in alle rigtings baie ver kan sien. A.K. Cornelissen
  • Kenhardt - Dit word beweer dat die naam na die polisie-offisier verwys, ander sê dit was die naam van ‘n jagter handelaar en nog 'n mening is dat dit 'n vermoorde vrou is wat daar uitgeken is.  Sover vasgestel kan word is die plek in 1862 deur Louis Anthing besoek en toe het daar ‘n groepie Boesmans langs die Hartbeesrivier gewoon.  Anthing wou juis die Boesmans van lewende hawe voorsien om hulle rooflustigheid te bedwing.  Ses jaar later is M.J. Jackson met 50 polisie na Kenhardt gestuur om diefstal en rowery van Koranas te beheer.  Die moontlikheid bestaan dus dat Anthing in sy verslae die plek ‘n naam gegee het en dat die naam van Boesmansoorsprong kan wees.  Beide Anthing en Schröder het dit as Kenhardt geskryf. A.K. Cornelissen
  • KimberleyDis vernoem na die graaf van Kimberley wat ten tye van sy stigting in 1871 die Britse minister van kolonies was. A.K. Cornelissen
  • KomaggasDie dorp in Namakwaland, waarheen ook die eerste magistraat in Namakwaland gestuur is, is in die volksmond beter bekend as Kammagas en onder Namasprekendes word dit t’Gammagas genoem was, so word vertel, die plek van rooi klei beteken. A.K. Cornelissen
  • Kleinzee - Was n delwersdorp.
  • Klippunt – Die Korannas het die t’Koras genoem wat ‘n skurwe klipperige plek beteken. A.K. Cornelissen
  • Koegas – Xoe is die brakbos in Koranataal en xa beteken ryk of baie. Xoesas 
  • beteken dus baie brakbosse. A.K. Cornelissen
  • Koegoekoep – Die plaas lê noordwes van Upington langs ‘n sytak van die Moloporivier.  Die eienaar vertel dat dit groot bome beteken. A.K. Cornelissen
  • Koiingnaas - Was n delwersdorp. Daar is n fontein daar naby. Met hoogwater slaan die branders water hier in. Daarvandaan dat die water brak is. Die naam is dalk n samestelling van die Koi woord en iets met die fontein te doen?
  • Kuruman
  • Lekkersing - Die dorp was vernoem na n fontein wat musikale klanke maak soos die deur die rotse spat.
  • Leliefontein
  • Loeriesfontein - Daar bestaan 2 moontlikhede hier. Daar was eens n Joodse reisende verkoopman met die naam Lurie. 
  • Ander se weer die naam kom van die Loerie voel af. Miskien kan iemand hier uithelp?
  • Louisvale – Die broers Biggs was op politieke gebied aanhanger van genl. Louis Botha en het die plek na hom vernoem. A.K. Cornelissen
  • Loxton
  • Marchand – Na Ds. Marchand word verwys as dit stigter van die Kakamas-nedersetting en die plek is na hom vernoem. A.K. Cornelissen
  • Mata Mata – Dit word vertel dat hierdie hek by die Gemsbokpark na ‘n konstabel verwys. A.K. Cornelissen
  • Marydale
  • M C Taggartskamp – Met die Tweede Korana-oorlog het M C Taggart twee kampe gehad, een net noord van Augrabies en een wes van Klippunt.  Laasgenoemde het as verwysingspunt behoue gebly. A.K. Cornelissen
  • MiddelposNa die Tweede Korana-oorlog is ‘n aantal polisieposte langs die rivier gestig en dit word vertel dat na die pos by Upington ook verwys is as die middelste polisiepos. A.K. Cornelissen
  • MierSome scouts of the pioneer Dirk Vilander noted some ants bringing wet mud to the surface of the ground. Curious, they started digging and found water. To honour the ants they named the settlement “Mier”.
  • Onder die Koranas was dit bekend as Hâs of Haas, maar by die sendelinge was dit bekend as Rietfontein.  Basters van Amandelboom en de Tuin het hulle daar begin vestig en teen 1867 was reeds ‘n Basternedersetting onder hoofman Vilander.  Na gevegte met die Bondelswart onder Kootjie Afrikaner het die Basters daar in vrede gelewe en ‘n sekere Jacob Titus wat self nie kon lees of skryf nie het Bybellesse gegee.  In 1885 het eerw Papst van Warmbad daarheen verhuis.  Die groot planne wat na reëns na mere lyk het tot die naam Meerland gelei, deur die Basters uitgespreek as Mierland en later net Mier.  Baie Basters wat in Gordonia plase gehad het, het ook na Mier vertrek en uit hierdie Gemeenskap het baie weer na Rehoboth verhuis. A.K. Cornelissen
  • Molopo – Die Tswanawoord is Molopo wat ‘n waterloop beteken.  Die Molopo- en Kurumanriviere is deur Gordon Koeroemana genoem. A.K. Cornelissen
  • Mothibistad
  • Nababeep - Was n myndorp. Die vlaktes waar die buffels wei is een verklaring. Ander meen dis die Hottentots naam vir sjambok. Renoster in Hottentots is "naba" en "beep" as lokval. Was daar renosters hier gevang? Oulike video van Nababeep.
  • Neilersdrift – Op ou karate kom die name Neilers Wirf en Nelers Drift voor.  Dit was dus die woonplek van ‘n sekere Neler (miskien Nel of Neill). A.K. Cornelissen
  • Noenieput - Minky het hierdie veduideliking ingestuur.
    • Noenieput soos vertel deur Johannes Jakobus Botma 1949 -1921 en Susanna Levina Botma 1947:
    • Jan "Veldhoed" Engels het 'n put gegrawe vir water, reg by 'n Noenieboom. Hy het water daar gekry en die plek Noenieput genoem. Hierdie waterbron het mense se staanplek geraak en soos meer grond beskikbaar gestel was het die plaas gemeenskap gegroei om Noenieput.
  • Obobogorob – Hierdie plaas lê langs die Molopo op pad na die Gemsbokpark.  Die teenwoordige uitspraak (afgesien van die eienaardige spelling) is Kiebietjiegorap wat verwys na ‘n watergat wat deur ‘n erdvark gegrawe is. A.K. Cornelissen
  • Okiep - Onstaan uit die Hottentot woord  “U-gieb” vir brak. Daar is blykbaar n groot sout oppervlakte hier iewers. 
  • Ander se weer dis die plek van die groot boom. 
  • Daar is selfs n verklaring dat dit klein fontein kan beteken. 
  • Oulike video van Okiep.
  • Nieuwoudtville
  • Olifantshoek - Dit verwys na die baie olifant skedels wat die Duitse setlaars hier in die omgewing gevind het. Daar is n storie dat die huidige dorpsgebied gekoop was met n olifant-tand. Baie ander olifant beendere is ook in die omgewing ontdek.
  • Die naam het niks met olifante te doen nie, maar verwys na Kapt Eliphant se graf die khoek daar onder ‘n boom. A.K. Cornelissen
  • Opwag - Dit was eers Uitsig genoem. Die mense het onder andere hier kom pos kry by die winkel. Maar in die ou Transvaal was daar ook n dorpie met dieselfde naam, Uitsig.  Gevolglik het pos wat vir hier bestem was opgeeindig in die ou Transvaal. Die mense het toe gese hulle is gedurig "op wag" vir hulle pos. Vandaar die naam. Verwys na hierna.
  • Olyvenhoutsdrift – Dis die ou naam vir Upington en verwys na die baie olienhoutbome wat hier gestaan het.  Dit was ook as Olyvenhoutsdrift en Olienhoutsrift geskryf. A.K. Cornelissen
  • Oranjerivier – A.K. Cornelissen
  • Die Portugese seevaarders het van die rivier geweet en dit die St Anthonio genoem. Met Simon van der Stel se reis na die koperberge van Namakwaland in 1685 het hy gehoor van die Tyen, ‘n groot rivier wat in die rigting van die ondergaande son vloei. Hy het dit dan ook op sy kaart aangedui, maar dit genoem die Vigiti Magna na die legendariese stad met goue strate in Monomotapa.
    Op 26 Julie 1760 het die olifantjagter Jacobus Coetsè die rivier by die teenwoordige Goudhouse bereik en daarna verwys as “de groote Rivier” en so het sy volksnaam, Grootrivier ontstaan. Op 18 September 1761 bereik die landmeter Carel Brink weer die rivier by Ramansdrif en hy rapporteer dat dit by die rivierbewoners bekend staan as Ein (Tyen) of Charie (Gariep). In 1777 noem kapt Robert Gordon die bolope volgens rivierbewoners die Hey Gariep (geel of vaal rivier) (en noe Gariep) (swart en later zwarte rivier). Campbell het van die Gareep of Garib gepraat. By wyse van veralgemening kan seker gesê word dat die Namas wat veral vanaf Augrabies ondertoe gewoon het dit die Ein genoem het, en Koranas en ander volke vanaf Augrabies hoer op het dit Gariep genoem. Skynbaar verwys die naam Ein na die volk of bewoners self, sodat dit “ons rivier” kan beteken. Oor die naam Gariep word die afleiding gemaak dat dit die rivier van die Wildernis mag beteken, maar volgens George Thompsom se beskrywing in 1820 lyk dit of Gariep bloot “die rivier” beteken wat dan ook klop met die name Hey of Noe gariep.
    Op die aand van 17 Augustus 1779 het Robert Gordon by die mond van die Grootrivier ‘n bootjie van sy wa gehaal en tot in die middel van die stroom geroei, die Hollandse vlag gehys, ‘n heildronk gedrink en in die naam van die Prins van Oranje dit Oranjerivier gedoop. Op kaarte wat sou volg het dit die Oranje geword, maar in die volksmond het dit Grootrivier gebly. 
    Pella
    - Kry sy naam van die Jordaanse dorp wat voorheen gebruik was om Christene te huisves en te beskerm het teen die Romeine.
    • A.K. Cornelissen
    • Daar word verwys na Cammas Fonteyn waar eers Boesmans, maar later in 1776 ‘n blanke boer Coenraad Feyt gewoon het.  In 1809 het Leidenfaden hier sendingwerk gedoen.  In 1812 het die Afrikanerbende die sendingstasie by Warmbad verwoes en die sendeling Albrecht vlug met ‘n aantal van sy mense oor die rivier na Cammas.  Eerw Schmelen het hierdie drama vergelyk met die inval van die Romeine in Jerusalem toe die Christene na Pella aan die Jordaanrivier moes vlug en so is Cammas na Pella verdoop.  In 1834 vind Thompson vir Pella heeltemal verlate waarskynlik na moorde wat deur die Boesmans gepleeg is.  In 1849 het die Rhynse Sendinggenootskap weer probeer om ‘n sendingstasie daar te stig onder leiding van die evangelis Schröder, maar die Boesmans het verhoed dat hulle heeltemal op dreef kom. In 1885 het die Fransman Francois Gabriel met sy Bastervrou daar gewoon terwyl Schröder tot 1868 met sy “gemeente” rondgetrek het.  In 1873 het die Roomse Kerk onder vader Godelle vir Pella oorgeneem.
  • Philandersbron -
  • Port Nolloth - Die Hottentotte het die plek Aukwatowa genoem, "waar die water die ou man gevat het". Dis later vernoem na n ene Kaptein Nolloth wat ook n landmeter was.  Dit was vroeer ook bekend as Aogutoas en Robbebaai.
  • Pofadder - Was vernoem na n Koranna kaptein van die area, Klaas Pofadder. Hy is op die plek waar die hotel vandag staan blykbaar in n vlaag skote dood.
    • A.K. Cornelissen
    • Die kapteins van Benede – Koranaland, eers Cupido Pofadder en later Klaas Pofadder se hoofvesting was by Kakamas net noord van die rivier, maar van hulle volgelinge, Pofadder se mense, het by die waterryke plekke gewoon wat later as Pofadder bekend geword het.
  • Postmasburg
  • Prieska - Die naam het ontstaan uit die Koranna woord wat "Prieskab" uitgespreek was, wat "Die plek van die verlore bok". Wie se bok dit was en of dit ooit gevind was sal niemand weet nie.
    • A.K. Cornelissen
    • In koranataal beteken dit die plek van die verkore bokooi.  Die dorp se geskiedenis dateer na Augustus 1873 toe die landmeter Auret ‘n aantal persele uitgemeet het.  Baie van hierdie persele was onder water met die vloed van 1874 en die eerste veiling van erwe het eers in 1877 plaasgevind.  Op 11 Maart 1878 skryf die Victoria West Messenger:  “The village of Prieska is a reality………..We wish the village all success”.
  • Putsonderwater - Was n spoorwegstasie. Trekboere was eertyds blykbaar partymaal hier weggewys deur te se die put is sonder water. Die naam volgens aktes was eers "Puts Zonder Water". Water was hieruit gepomp na die treinstasie vir die stoom lokomotiewe. Verwys hierna of na die mooi langer storie.
  • Renosterkop – Die naam word soms verkeerdelik toegeskryf aan die kop van ‘n renoster wat daar van ‘n wa afgeval het.  Met Wikar se besoek 1778 – 79 het die riviervolk dit al Nawaptana genoem, ‘n naam wat renosterkop beteken. A.K. Cornelissen
  • Riemvasmaak - Hier is weereens n paar verduidelikings. Die oorspronklike Khoikhoi naam was "Konkaib" maar dit het in onbruik verval toe die mense Afrikaans begin praat het.
  • In die vroeë 1900's het die Boesmans die plaaslike gemeenskappe se diere beroof. Wanneer hulle gevang was, was hulle vasgebind met rieme by n groot rots in die Molopo Rivier. Op n sekere dag toe die gemeenskap die Boesmans wou kom haal, het die Boesmans spoorloos verdwyn. Net die rieme het daar gele. Van die dag af was die inwoners bekend as die Riemvasmakers.
  • n Ander bron se weer dat n Damara man by die minerale fontein wou uitkom. Om dit te doen moes hy rieme gebruik om teen die afgrond te gly. 
  • Hier is n nagmerrie storie was met ons gebeur het. 
  • Hier is n Youtube Video en nog een waarna jy kan inloer.
  • RietfonteinRietfontein is the place where the exploring scouts of Dirk Vilander found the bushman, Khys and his family at a fountain surrounded by reed-bushes – from there the name Rietfontein.
    • A.K. Cornelissen
    • Die Koranas het dit Haas of Hâs genoem.  Die eerste sendelinge het dit Rietfontein genoem na die rietbegroeide kol.  Hierdie moerasagtige kol in ‘n barre omgewing word toegeskryf aan ‘n komberliet pyp wat ook reeds vir diamante geprospekteer is.
  • Sesbrugge – Met die ontwikkeling van die besproeiingsgrond by Klippunt is ses betonbruggies oor die sloepe gebou en vandaar die naam. A.K. Cornelissen
  • Skanskop – Met die Tweede Korana-oorlog het die een leier Donker Malgas, sulke goeie skanse gebou dat die koloniale magte die plek nie kon inneem nie.  Donker Malgas het hulle selfs hardop uitgedaag om nader te kom en nie halfpad om te draai nie. A.K. Cornelissen
  • Spektakel – Oor hierdie plek in Namakwaland word verkeerdelik vertel hoe Simon van der Stel sou uitgeroep het “wat een spektakel”.  Van der Stel was nooit daar nie.  Die naam verwys eintlik na die berg waar ‘n hele paar spanne osse voor ‘n wa ingespan moes word om bo te kom.  Vir die rit berg-af is die wa se vier wiele vasgemaak en net die twee agterosse is ingespan om die wa in die pad te hou.  By een geleentheid het ‘n wa omgeval en potte, panne, kooigoed en negosieware het teen die skuinste gelê.  Oor hierdie spektakel is baie gepraat en dus na Spektakelberg vernoem.
  • Springbok - Die oorspronklike naam was Guchas. Daar was 2 fonteine daar naby, Springbokooi en Springbokram. Die name het ontstaan het weens die springbokke in die area. Oulike video van Springbok.
    • A.K. Cornelissen
    • In die poort net noord van die dorp waar later ‘n tolhek was het die Baster lang Kobus Cloete met sy blanke vrou gewoon.  Met die water van Springbok Fontein het die Cloetes ook pampoene geplant.  Met die ontwikkeling van die kopermyn in 1852 het die myndorp ook eers Springbokfontein geheet, later verkort na Springbok.
  • Soebatsfontein - Hier is weereens 2 verhale.
  • Die ontstaan van die naam het te doen me tragiese gebeure by Soubatters Fontein waar daar skermutselings met die Boesmans was, waarin vroue ook blykbaar ontvoer was deur die Boesmans.
  • Dit dateer terug na n insident in 1898 nadat Hendrik Stievert, n plaaswerker, vermoor was deur San, ten spyte van sy smeking vir genade.
  • Steinkopf Hierdie dorp in Namakwaland was bekend as Gutas of Kookfontein, waarskynlik ‘n naam wat deur Basters aan die plek gegee is toe daar net Namas gewoon het.  In die tyd toe die Basters in klein groepies na Namakwaland verhuis het, het die welgestelde en losbandige jong Duitser Johann Heinrich Schmelen na Engeland verhuis om krygsdiens vry te spring.  Terwyl hy by ‘n Duitse gesin in London gewoon het sien hy die drie Hottentotte wat deur die sendeling Kircherer daarheen gebring is om sy sendingwerk te bevorder.  Kircherer het op Schmelen geen besondere indruk gemaak nie, maar onder die invloed van Dr. Steinkopf het hy tot bekering gekom en na Berlyn gegaan om as sendeling opgelei te word en in 1811 kom hy na Namakwaland om sendingwerk onder die Namas te doen.  Langs Grootrivier het hy eers onder ‘n groepie Namas gewerk en toe per ry-os rondgegaan en ook die sendingstasie Bethanie in Suidwes aangelê.  Omdat hy later net velklere gehad het om te dra het hy ‘n slag Kaap toe gekom, omstreeks 1818, en hiervandaan is hy na Byzondermeid naby Kookfontein omdat laasgenoemde meer geskik was vir die aanlê van ‘n sendingstasie.  Hy het Kookfontein verdoop na Steinkopf, na die man onder wie se invloed hy tot bekering gekom het.  Hier is Schmelen ook getroud met ‘n kleurlingdogter, Meyer, en omdat daar niemand anders was nie moes hy self sy eie troue behartig. A.K. Cornelissen
  • Strydenburg
  • Sutherland
  • Swartmodder – Dit word vertel dat die naam verwys na swart modder by die plek waar die beeste gesuip het.  Die plaas is bekom deur ‘n sekere Mandelkorn wat met ‘n Bastervrou Fytjie getrou het om sodoende ‘n plaas te mag kry. A.K. Cornelissen
  • Tankwa - Daar word gesê die woord verwys na "Troebel water" of "Plek van die San" of "Dorsland". Enige van die verduidelikings pas by die naam.
  • Twee Rivieren - Die samevloeiing van die Aub en Nossob riviere is n paar kilometer net noord daarvan, vandaar die naam.
  • Upington - Die dorp se naam is afkomstig van Sir Thomas Upington wat die gebied in 1879 besoek het om n polisiemag hier tot stand te bring. Die naam Upington was oorspronklik gebruik om na hierdie polisiemag te verwys. Die huidige polisie stasie in Schroderstraat staan op die oorspronklike plek waar die polisiemag gestasioneer was. In 1898 het die polisie en sendingstasie verenig om die dorp Upington te noem. Die lughawe is 4.9km lank en die Concorde land hier in 1976!
    • A.K. Cornelissen
    • Die dorp wat na Sir Thomas Upington vernoem is het eintlik nooit ‘n dorpnaam gehad nie. Onder die Koranas was die drinkplek by die rivier bekend as t’Karahys, die plek waar die vrouens geskrik het, en die drif was genoem T’Omama wat vang en rondstaan beteken. T’Omama verwys na die deurswem van kleinvee by die rivier waar een span die diere vang en ‘n ander span hulle met ‘n blok deurswem terwyl eersgenoemde span dan rondstaan en wag vir die swemmers om terug te kom.

      Onder die blanke jagters en smouse was die drif bekend ad Olyvenhoutsdrif weens die baie Olienhoutbome wat daar gegroei het. Met die koms van die eerste sendeling, eerw Schröder, is aanbeveel dat die sendingstasie Nasareth sou heet, maar Schröder het van Olyvendrift gepraat omdat die drif onder hierdie naam aan weerskante van die rivier bekend was. Na die Tweede Korana-oorlog van 1879 het Sir Thomas Upington 80 polisiemanne gestuur om vrede en orde langs die rivier te handhaaf. ‘n Gedeelte van hierdie mag moes veral die drif bewaak en onder kapt Dyason het hulle eers onder bome gewoon, maar met Farini se besoek in 1885 was daar alreeds barakke op die heuwel waar die polisiestasie vandag nog staan. Dyason se polisie was baie onpopulêr omdat hulle loslopende diere geskut het en oor die algemeen wet en orde wou instel, terwyl eerw Schröder dit bloot as ‘n sendingstasie gesien het en geen inmenging van buite wou duld nie. Met venyn het Schröder van
      die polisie gesê: “en welk leven voeren sulke niets doenende menschen” en van Dyason: “wy smeekene om verlossing van zulk een tyranny”. Op 26 Januarie 1884 skryf Schröder dat as die polisie dan hier moet bly dan moet die sendingstasie liewer verskuif word en onder die datum 11 Februarie 1884 sê hy: “Verder is myn wensch dat Olyvendrift of Upington niet een dorp, maar Zending Stasie mogt blyven”. Sover bekend was dit die eerste maal dat die naam Upington in skrif gebruik is en moontlik uit weersin teen die polisie wat deur Thomas Upington hier geplaas is.
  • Uizip – Die naam verwys na modder of modderwater.  Met Wikar en later Gordon se besoeke (1778 – 79) het die handelsroete van Uizip na die Kurumanrivier gegaan en na ‘n tog deur die Kalahari was die modderwater seker baie welkom by mens en dier.  Vollmer vertaal die woord Useb met modder by suipings. A.K. Cornelissen
  • Van Zylsrus
  • Victoriawes
  • VioolsdriftDis genoem na die drif waar die ou Nama, Viool, gewoon het. A.K. Cornelissen
  • Vosburg
  • Warmzand – In 1856 het Moffat dit Jan Cupido’s Village genoem en met die Tweede Korana-oorlog van 1879 word net na die sandduine verwys.  Miskien is die mondelinge vertelling dus regtig dat dit maar warm gegaan het om met ‘n wa en osse deur daardie sand te kom. A.K. Cornelissen
  • Warrenton
  • Williston
Versamel Deur: Johan Swart