Die Rosyntjiebos kom ook in die Kalahari voor

Die Rosyntjiebos boompie kom regoor Suid Afrika voor, behalwe in die Wes en Oos-Kaap.

Dit raak ongeveer 2m hoog. Dit gee geel stervormige blomme in die somer. Die oranje to bruin vrugte raak gedurende Februarie ryp.
Die struik staan ook as die Fluweelrosyntjie, Wilderosyntjie, Brandewynbessie of Wilderosyntjie bekend. Ander inheemse name sluit in: Moretla (Sotho) en brandy bush (Engels).

Jy kan hierdie struik ook by jou huis aanplant, want dit het ʼn aantrekkingskrag vir voëls, wat dan ook later aan die rosyntjie vrugte kom eet.