Oorwinning deur Volharding - Rosyne 100 Jaar (Joa Bekker)

Die boek poog om die handewerk van ons produsente, werkers en verpakkers te "verpak" in n sinvolle wyse wat die leser kan inlig oor verskeie fasette en fases waardeur die rosyne bedryf ontwikkel en gegroei het.

Die entoesiasme en passie waarmee Joa Bekker te werk gegaan het met die skryf van die boek en ons bedryf se stories is besonders en ons spreek n dank van waardering uit teenoor hom.
Ferdie Botha - Raisins SA se Hoofuitvoerende Bestuurder.

Joa Bekker is al meer as 25 jaar betrokke in die vrugtebedryf waar sy hooftaak die ontwikkeling en opleiding van mense was. Hy tree na 25 jaar in diens van die Karsten Groep uit en wy hom aan skryfwerk en ander liefdes waarvoor hy "nooit tyd gehad het nie". Hy woon op Kanoneiland saam met sy vrou Thea.
Die boek is ook beskikbaar by die Kanoniki Padstal en kyk daar vir verdere kontak besonderhede.

Deur: Joa Bekker
Ander Verwysings: