Khauxa!nas - Lost City of the Kalahari Namibia

Die oudste geboude struktuur in Namibia staan hier in die suid-oostelike deel van Namibia op n privaat plaas. Dis gebou deur Oorlam-leier Klaas Afrikaner tussen 1770 en 1798. Jager & Titus was twee van Klaas Afrikaner se seuns. Lees die ander storie oor Jager Afrikaner en die Afrikanerbende.

Klaus Dierks (voormalige adjunk minister) het die stad "herontdek" in 1980. Die naam Khauxa!nas beteken om te beskerm teen die vyand. Klaus was n kenner op die gebied en het ook n webwerf oor die geskiedenis van Namibia by https://www.klausdierks.com/FrontpageMain.html waar jy die volle storie kan lees.
Klaus Dierks
Tussen Aroab & Karasburg, 20km op die D612
Die plek kan slegs bereik word deur n 4x4, en die laaste gedeelte moet jy loop. Jy moet vooraf reel voordat jy daar kan gaan kyk. Dit is op n privaat plaas. Die laaste kontaknommer wat ons het is 264 63 683 681.