Oor die brug by Kanoneiland en dan op in die rigting van Louisvale vir sowat twee kilometers staan die opstal van mnr Van Wyk. Hier is die oorblyfsel van ‘n fondament en drie graftes ‘n entjie daarvandaan.
Hoewel Sass se sendingpoging misluk het, was hy tog eerste in ‘n paar opsigte. Hierdie was die eerste offisiële sendingkerk langs Grootrivier en omdat hy ook ‘n wa en osse gehad het moes sy wa die eerste voertuig langs die rivier in hierdie omgewing gewees het en derdens was hy moontlik die man om die eerste vyebome hier te plant, want daar het twee vyebome by die kerk gestaan. Waarskynlik het eerw. Sass hierdie omgewing in 1821 verlaat.
Eerw. TL Hodgon verwys na hierdie graftes in sy reisverhaal gedateer Maart 1824 en beskryf die gebou wat hy verkeerdelik vir Stephanus se tempel aangesien het as 10 x 15 jaart en 12 voet hoog. Hy noem dat hy die drie huise van mnr Sass nie gesien het nie.
Barrow verwys weer na die woning van die sendelinge Kircherer, Anderson en Cramer. In 1931 het ds DF de Toit na hierdie kerk verwys as vyf voet hoog by die gewels en 50 x 22 voet groot.
In die verslae van die Londense Sendinggenootskap skryf Lovett dat Christopher Sass in 1808 op Bethesda ‘n sendingstasie gestig het. Cramer en Anderson was egter in Junie 1802 by Kok’s Kraal (nou Eksteenskuil), maar vroeë verwysings na Bethesda, Kok’s Kraal en Oorlamskraal is dikwels verwarrend omdat hier geen bekende verwysingspunte was nie.

Op kaarte van die Tweede Koranaoorlog word die kerk van Bethesda (genoem old church) egter redelik akkuraat aangetoon en daarom kan dit aanvaar word dat hierdie gebou wel Sass se kerk was.
Dit word plaaslik vertel dat die drie grafte die van die sendeling, sy vrou en kind is wat hier vermoor is, maar dis onwaarskynlik. In 1813 is Sass se vrou op Silverfontein in Namakwaland oorlede en in 1823 het Thompson vir Sass op Griekwastad gekry waar hy toe met ‘n Griekwavrou getroud was. Anderson is in 1849 op Thiopolis oorlede.
In ‘n brief gedateer 2 Maart 1872 skryf Schröder, seker volgens oorvertelling, dat eerw. Sass die vader van Jan Kupido en sy vrou en kinders gedoop het: “Die plegtigheid geschiede te Bethesda vandaar waarschynlik den naam”.

Aanduiding van huidige Bethesda area.
Meer inligting sal volg.
Van Schröder se brief kan die afleiding gemaak word dat Sass vir ou Kupido gedoop het om hom op die wyse te kry as kaptein van die Koranas en so die sendingsaak te bevorder, maar die resultaat was ten kwade. Die kapteinskap het soveel onluste onder die Koranas veroorsaak dat Sass weens die onluste moes padgee.
Hoewel Sass se sendingpoging misluk het, was hy tog eerste in ‘n paar opsigte. Hierdie was die eerste offisiële sendingkerk langs Grootrivier en omdat hy ook ‘n wa en osse gehad het moes sy wa die eerste voertuig langs die rivier in hierdie omgewing gewees het en derdens was hy moontlik die man om die eerste vyebome hier te plant, want daar het twee vyebome by die kerk gestaan. Waarskynlik het eerw. Sass hierdie omgewing in 1821 verlaat.
Deur: A.K. Cornelissen. Alwyn het hierdie geskiedenis in die 1970's aangeteken.
Hierdie is die mees digbevolkte besproeiingsgebied van ons land met die droë kalkvlaktes van Kenhardt en Boesmanland na die suide en die sandduine van die Kalahari na die noorde.
Vir my as geoloog is dit ‘n gebied van oorsaak en gevolg, van waarneem en interpreteer en dan na alles die gebied waar ‘n mens jou medemens kan dien om ten volle mens te wees. Kyk na die sweetkolle op die hemp van arbeider, kyk na die kameeldoringboom en wonder hoe oud hy is, kyk na die kalkvlaktes en wonder hoe het dit ontstaan en dan eers as jy weet dat jy min weet sal dinge waarde kry, en eers as jy raaksien sal jy sien hoe baie hier is om te sien.
Hier is die sewestêr en die suidekruis snags helder, want hier is die lug skoon. Hier was die pioniers natuurmens en ons bring hulde aan hulle wat ons voorgegaan het.

Verwysing: Wollie Burger
Saamgestel: Johan Swart. Beelde bygevoeg vir duidelikheid.