Kalbas voortplanting

Mense wat ons padstal besoek vra soms wat is n kalbas en hoe plant hulle voort, daarom het ek besluit om ‘n bietjie inligting te deel.

Daar is twee tipe kalbasse. Die egte witblom-harde-skil kalbas (Lagenaria siceraria) en die kleiner dekoratiewe soort (Lagenaria Cucurbita) met ‘n dun skil en wat vir dekor gebruik word.

Die dekoratiewe soort (Lagenaria Cucurbita) is nader verwant aan die pampoen familie en dra geel blomme en word deur bye bestuif.

Die egte kalbas(Lagenaria siceraria) was een van die wêreld se eerste gekweekte plante wat nie hoofsaaklik vir kos gekweek is nie, maar vir gebruik as houers.

Die egte kalbas (Lagenaria siceraria) produseer nagbloeiende wit blomme. Die manlike blomme het lang stingels wat op die hoofrank voorkom, terwyl hierdie soort kalbasse eers vroulike blomme produseer wanneer die hoofrank vertak. 

Die vroulike blomme het kort blomstele met 'n eierstok onderaan die blom. Die egte Kalbasse word deur Kolibrie valkmot (Macroglossum stellatarum) in die nag bestuif. Soms val die vroulike blomme af sonder om tot 'n kalbas te groei as gevolg van swak bestuiwing wanneer daar nie nagbestuiwers is nie.
Die egte Kalbasse word deur Kolibrie valkmot (Macroglossum stellatarum) in die nag bestuif.

Deur: Wollie Burger