Kalbas Padstal (S Grootdrink 15km)

You can contact Wollie Burger on 083 303-7762 or at wollieburger@lantic.net. You can also order items directly from the website at http://www.calabash.co.za Irine Visser is the person you will usually find manning the shop.

Watch the video's of this interesting place at https://www.facebook.com/Kalbas-Padstal-1780504556...


AgriOrbit gee erkenning aan Kalbas Padstal - n Noordwestelike Juweel.
Mev. Irene Visser, verbonde aan Kalbas Padstal, tussen Groblershoop en Upington het ‘n 3de plek verower in die “Northern Cape Has Talent” kompetisie. Die kompetisie is deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur van die Noord-Kaap aangebied om kuns en kultuur te bevorder en te ontwikkel en sodoende landelike ontwikkeling ‘n hupstoot te gee.

Volgens die beoordelaars was haar handwerk uniek en oorspronklik, aangesien haar gravering en ontwerp op natuurlike kalbasse gedoen is en gebruik word in die vervaardiging van lampe, vase en kershouers. 

Na regte moes Handwerk, Kuns en Modeontwerp in aparte kategorieƫ ingedeel wees, maar omdat dit vir hierdie kompetisie saam gegroepeer was, het dit die beoordeling van hierdie kategorie problematies gemaak.

Irene is die enigste deelnemer wat ‘n toekenning vir handwerk ontvang het en is baie tevrede met haar kontant prys. Sy is van plan om met die prysgeld haar droom waar te maak, deur ‘n steenhuis vir die gesin in Topline te bou.

Hierdie talentvolle vrou beoefen haar kuns in ’n klein ateljee agter Kalbas Padstal, maar is altyd gereed om besoekers en toeriste wat die padstal aandoen te verwelkom.

Die padstal is ook die toerisme inligtingsentrum van die Boegoeberg Eco Roete en daarom is Irene met haar vriendelike en spontane persoonlikheid, ’n ware ambassadeur vir hierdie streek.
_____________
Wollie is ook maak lekker stout!
_______________
Van Laerskool tot Padstal
_______________
Die pad na bevryding!!!
Jy kan ook n storie lees oor n boesman staaltjie en hoe dit n verhouding met kalbasse het.