Boegoebergdam leeg gemaak vir onderhoud - Junie 2021 (SE Groblershoop 35km)

Die dam was drie weke in Junie 2021 leeg laat loop sodat noodsaaklike instandhoudingswerk aan die sluise gedoen kon word en kon besoekers die dam en sluise van nader bekyk.

Johan du Plessis se kommentaar. Baanbrekers, toe was dit nog Departement van besproeiing genoem. Ek was baie jare werksaam by Dept Waterwese se Konstruksie afdeling.


Johan Swart se kommentaar: Die kruin van die wal is 885m bo seespieel. Die hoogte tussen die kruin en die laagste fondasie is 13,7 meter. 

Jood Janse van Rensburg se kommentaar. Ek het 1n 1958/59 oor die damwal met 'n motor oor die damwal gery. Wonder of dit nounog gedoen mag word.
Johan Swart se kommentaar. Uit die boek "Boegoebergdam se mense" was die damwal ook gebruik as n brug, met een wiel in die hyskraan spoor en die ander wiel op die rand van die wal. Dis so 622 meter ver en moes n nagmerrie rit gewees het. As n eselwa daaroor gery het, was die esels se oe eers toegebind.



Johan Swart se kommentaar. Hier staan Johan Coetzee by een van die sluise. Daar is n totaal van 68 sluise. 

Wilco Fourie se kommentaar. Die dam word baie goed bestuur met die sluise om te voorkom dat die kanaalsluis ook toeslik. Funksie is slegs 'n uitkeerwal vandag. Lewensbelangrike uitkeerwal.

Op ander vrae oor die slik het Wilco so geantwoord.
Die dam se funksie in moderne jare dien as 'n uitkeelwal. Die stoor kapasiteit was nooit baie groot nie en is nou omtrent gelyk met die sand, maar omdat daar groter opgaardamme bo gebou is dien die stam steeds 'n baie belangrike rol as uitkeerwal. Die regmaak van die sluise speel 'n belangrike rol om hierdie funksie te verseker. Dit sal ongelooflik baie kos om al die sand te verwyder sonder dat dit noemenswaardige voordeel skep.

Johan Swart se kommentaar. Die sluise word oopgetrek deur n meganiese hyskraan wat op n spoorlyn op die kruin van die dam loop.

Wollie Burger se kommentaar. Hierdie is die meetstuktuur onderkant die Boegoebergdam wat die hoeveelheid water meet wat verby vloei.

Johan Coetzee se kommentaar. Hierdie verbreëding van die kanaalstroom veroorsaak dat die water stadiger vloei en die sand dan neersak uit die water, aan die voorpunt is n dwarsmuur waaroor die water verder vloei en n dwarsvoor waarin die sand in spoel en terugvloei na die rivier toe met n beheerbare straal water volgens die hoeveelheid sand in die water.

Oorsprong Deur: Wollie Burger

Saamgestel deur: Johan Swart. Dankie Wollie Burger vir al jou oorspronklike inligting & foto's wat gely het tot hierdie artikel.

Jy kan ook hier kyk vir meer inligting oor die Boegoebergdam se geskiedenis.

Ander inligting stukke:

Boegoebergdam se mense deur Lokkie van Zyl  het n hele stuk geskiedenis bymekaargemaak. Onder andere beskikbaar by Kalbas Padstal. Uitgegee deur Boegoeberg Waterverbruikersvereniging. Tel: 054 841-0002

____________________

____________________