Terme en Voorwaardes



Gebruiksvoorwaardes


Welkom by ons webwerf. Namahari Land verskaf hierdie dienste aan jou op voorwaarde van die onderstaande gebruiksvoorwaardes. Wanneer jy ons besoek aanvaar jy die voorwaardes. Lees dit asseblief.

Privaatheidsbeleid

Ons privaatheidsbeleid beheer jou besoek aan ons webwerf. Jou epos address word gevra as jy n advertensie of artikel vorm voltooi, wat jy vrywilliglik aan ons voorsien. Enige telefoon of sellulêre nommers wat jy gee is daar vir besoekers om jou te kontak. Ons kollekteer of deel nie daardie inligting nie.

Ons sal wel jou kontak nommer gebruik om met Whatsapp of Telegram met jou te kommunikeer. Ons maak nie gebruik van Whatapp groepe nie, dus sal enige kommunikasie persoonlik met jou  wees.

Jou informasie word slegs deur Namahari Land gebruik om in persoonlike kontak met jou te kom. Jou informasie wat jy op die webwerf sigbaar het is wel publieke inligting. Jy kan die kontak vorm gebruik om ons te eniger tyd laat weet dat ons jou persoonlike informasie moet uitvee.

Ons versoek adverteerders om nie hul bankbesonderhede as publieke inligting op die webwerf te sit nie. Jy kan navraag by ons doen hoe om n betalings verwerker teen jou rekening in werking te stel. Dit beveilig jou en hoef jy dus nie met toekomstige kopers jou persoonlike bank informasie te deel nie.

Elektroniese kommunikasie

Wanneer jy Namahari Land besoek of ons eposse stuur, kommunikeer jy elektronies met ons. Jy gee jou toestemming dat ons met jou elektronies mag kommunikeer deur middel van epos of enige ander metode. Jy stem saam dat alle ooreenkomste, kennisgewings of enige ander kommunikasies ons elektronies voorsien gebeur asof dit skriftelik opgestel was.

Kopiereg

Alle inhoud op die webwerf is die eiendom van Namahari Land of van die inhoud verskaffers en word beskerm deur internasionale kopiereg wette.

Handelsmerke

Namahari Land handelsmerke mag nie gebruik word in n produk of diens wat verwarring mag veroorsaak by verbruikers nie.

Lisensie en webwerf toegang

Namahari Land laat jou toe om die webwerf te gebruik, maar nie om dit af te laai, of te verander nie. Die lisensie laat jou nie toe om produkte op die webwerf te herverkoop nie. Enige produkte, opsommings of pryse word verbied om gebruik te word tot die voordeel van n ander handelaar. Enige gedeelte van die webwerf mag nie gedupliseer, verkoop of andersins ontgin word vir finansiële doeleindes sonder die toestemming van Namahari Land nie.

Jy mag n skakel na hierdie webwerf gebruik solank dit nie Namahari Land enigsins in a vals, misleidende of aanstootlike manier blootstel nie. Jy mag nie Namahari Land se kenteken of ander beelde gebruik sonder goedkeuring nie.

Verbode plasings

Onwettige produkte, dienste of aktiwiteite. Geen diskriminasie teen persone, ras, etnisiteit, kleur, geloof, ouderdom, geslag, gestremdhede of mediese toestand nie. Die promosie van vuurwapens, ammunisie en plofstof is verbode. Die promosie van seksuele produkte, dienste of naaktheid is verbode. Geen sensasionele of geweldadige inhoud nie. Geen omstrede politieke of sosiale inhoud nie. Geen misleidende informasie nie. Plasings mag nie mense ontmoedig om inentings te kry nie.

Ons sal ons eie diskresie gebruik indien nodig. Enige-iemand kan die kontak vorm gebruik om te kla oor n spesifieke plasing.

Opsommings, epos en ander inhoud

Besoekers mag opsommings, kommentaar, vrae en ander inhoud plaas solank dit voldoen aan alle reels in hierdie beleid. Jy mag nie vals epos adresse gebruik nie. Jy mag nie n ander persoon naboots nie. Namahari Land behou die reg voor om enige inhoud te verwyder sonder kennisgewing. Wanneer jy inhoud verskaf, tensy jy andersins aandui, gee jy Namahari Land die eksklusiewe regte om die inhoud daarvan op enige ander medium te plaas. Jy verklaar dat die inhoud akkuraat is.

Gebruiker gegenereerde inhoud

Gebruiker gegenereerde inhoud word gemodereer, want die inhoud word nie deur ons verskaf nie. Daar is wel kontroles in plek van ons derde party wat outomaties soek na inhoud wat nie van pas is nie.
  • Daar word gesoek na sekere woorde
  • Die foto's word deursoek 
Die inhoud wat jy verskaf moet op n beleefde en beskaafde manier geplaas word. Sekere gegenereerde inhoud mag deur ons verwyder word sonder dat verduidelikings daarvoor hoef gegee te word. Die "Verbode plasings" soos hierbo genoem is ook van toepassing. Alhoewel ons negatiewe kommentaar toelaat, moet dit op n ordentlike manier gedoen word. Hierdie is nie n webwerf vir negatiewe opmerkings nie. Daar is genoeg plek daarvoor op sosiale netwerke. Ons skaar ons by die mense wat n positiewe uitsig op die lewe het en daardeur goeie en positiewe bydraes kan lewer, tot voordeel van almal. Kommentaar behoort konstruktief en waardevol te wees vir ander gebruikers wat op die informasie staatmaak.


Risiko van verlies

Namahari Land neem geen verantwoordelikheid vir die advertensies of artikels wat hier geplaas word nie. Namahari Land word gevrywaar van enige verlies wat dalk gelei mag word.

Item beskrywings

Namahari Land probeer so akkuraat as moontlik te wees. Maar Namahari Land kan nie waarborg dat item beskrywings of enige ander inhoud akkuraat, kompleet, betroubaar en foutvry is nie. As enige item wat aan jou aangebied word nie soos beskryf is nie, is jou enigste oplossing om dit in n ongebruikte toestand terug te besorg aan die verkoper binne 5 dae.

Geskille

Namahari Land gaan in geen geskille met jou betrokke raak nie.

Beleide

Namahari Land behou die reg voor om enige beleid te eniger tyd aan te pas.

Vrywaring

Hierdie webwerf word aangebied soos beskikbaar. Jy gebruik hierdie webwerf op jou eie risiko. Namahari Land gee geen waarborge ten opsigte van enige item op die webwerf nie. Namahari Land waarborg nie dat die webwerf of enige kommunikasie wat ons met jou het vry is van virusse of skadelike inhoud nie. Namahari Land sal nie aanspreeklik wees vir enige skade wat mag spruit uit die gebruik van die webwerf nie.

Vrae

Jy kan vrae rig aan namahariplaasmark@gmail.com