Benede-Oranje Radio Klub - Noord-Kaap

Die Bork radio stelsel is spesifiek vir die boere-gemeenskap beskerming en plaas kommunikasie bedoel. Die doelwit area is tussen Groblershoop en Upington. 
ʼn Paar lede het die inisiatief geneem om ʼn ICASA goedgekeurde radio stelsel op te stel, tot voordeel van die gemeenskap. Daar sal ʼn paar radio kanale op elke radio ingestel wees, vir verskillende doele. 

Hulle deel ook informasie aan die gemeenskap betreffende algemene plaas veiligheid. 

Daar is ʼn lidmaatskap aanlyn vorm om te voltooi indien jy belangstel om te registreer as ʼn lid. ʼn Kalender van aktiwiteite is ook beskikbaar, saam met ʼn verskeidenheid van radio verwante onderwerpe.