Vat jou goed en trek Ferreira (LJ Bothma)

Mense weet miskien van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval wat daarop gevolg het, weet hulle niks nie.

Die ink op die Vredesverdrag van Vereeniging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira, sy halfbroer Pieter Fischer en vier makkers, die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry. Tien dae lank het “die Ferreiras” die Kalahari op horings geneem, en die Kaapse polisie en honderde troepe laat bontstaan.

Bothma het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas. Hy gaan haal die storie ver terug by Paul Kruger en Cecil John Rhodes en nadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer hy die verhaal tot ‘n dramatiese einde tussen die duine.

Soos die Jameson-inval die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog was, só was die Ferreira-inval die voorspel tot die Rebellie van 1914-15. Vat jou goed en trek Ferreira (2019) hoort saam met Bothma se boek Rebelspoor – die aanloop, verloop en afloop van die Boereopstand van 1914-15 – op dieselfde rak.

Sagteband, 496 bladsye, kaarte, fotoseksie en volledige register

Bestellings: