Punt Van Die Swaard (Louis Bothma)

Charles Oertel staan koponderstebo langs die graf. In Februarie was dit sy lieflingseun Jim, nou is dit Ronald … ‘n seun aan Boerekant … ‘n skoonseun aan Britse kant. Wat moet hy nog prysgee voor daar weer rus en vrede kom?

Oertel bevind hom in ‘n netelige posisie. Hy is ‘n skatryk Vrystaatse boer en het sentimente jeens beide magte wat tydens die Anglo-Boereoorlog slaags raak.

Bothma se noukeurige navorsing oor hierdie invloedryke man en sy nasate se lotgevalle tydens en ná die oorlog bevestig geboekstaafde kennis, maar bied ook nuwe inligting. Daarbenewens is dit ‘n boeiend menslike verhaal wat die leser tot nadenke stem. Sou dit anders verloop het as dit nie vir die oorlog was nie? Keer die mens nie die punt van die swaard self op sy hart nie.

Punt van die Swaard (2003), uitgegee deur Protea Boekhuis en reeds in sy derde druk, is Bothma se tweede boek. Dié feiteroman strek oor bykans ‘n eeu, maar fokus veral op die Anglo-Boereoorlog. Dit was in 2005 op die kortlys vir die Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie.

Sagteband, 330 bladsye, kaarte, fotoseksie en register.

Bestellings: