Huilwater : 30 Stories In Die Langpad (Louis Bothma)

Huilwater is ‘n bundel van 30 (ware) lekkerlees-stories.

Die skrywer vertel van sy kindertyd in die Boesmanland, studentejare en vriende, loopbaan as dosent in ekonomie, betrokkenheid by projekte in Angola, Rondkyk Toere saam met vriende deur die Kalahari en Namibiƫ, en interessante karakters wat sy lewenspad gekruis het.

Vir rugbyliefhebbers is daar ‘n vuis vol stories wat die tone laat omkrul van lekkerte. Die legendariese Frik du Preez duik oral op. Jimmy Young foeter die All Blacks, Jan Tromp pak ‘n “tier” en Griekwas wen die Curriebeker. Lees die storie agter die beroemde Drie van Mannetjies Roux waaroor Laurika Rauch se oom steeds praat en hardloop Die Marathon saam met die skrywer deur Bloemfontein se strate.

Vir diegene wat van Bothma se Grensoorlogboeke hou, is daar twee stories: Oom Willie se Pad en Die Rooi Leeu en die terroriste.

Huilwater (2016) is ‘n hersiene en uitgebreide weergawe van Bothma se vroeĆ«re boek, Losbaadjiesak (2009), wat nie meer in druk is nie.

Sagteband, 291 bladsye, twee fotoseksies

Bestellings: