Die Buffel Struikel: ʼn Storie van 32 Bataljon En Sy Mense (Louis Bothma)

Uit die as van twee Angolese oorloë – ‘n terroristeoorlog en ‘n burgeroorlog – is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse Leëreenheid in 1976 gebore. ‘n Eenheid wat Suid-Afrika se terroristeoorlog aan Angola se kant van die grens moes veg, ‘n stiefkind, eenkant weggesteek in die bos.

Hierdie eenheid was Suid-Afrika se beroemde 32 Bataljon, waar die skrywer van hierdie boek in 1978 ‘n offisier was. In die voorwoord sê hy: Ek weet nie wat mense van hierdie boek gaan sê nie, maar dit is hoe dit was; daardie jare toe seuns manne moes wees. Dit is die ware verhaal van wit en swart soldate – Suid-Afrikaners, Suidwesters (Namibiërs), Angolese, Australiërs, Britte, Rhodesiërs (Zimbabwiërs) en ander – wat deur ‘n sameloop van omstandighede saam in ‘n bataljon beland het waar hulle in die geheim ‘n oorlog vir Suid-Afrika buite die landsgrense moes veg.

Bothma som op: Die boek gaan oor meer as net ‘n geskietery. Dit gaan oor wie ons was, hoe ons bymekaar gekom het, wat ons van mekaar geleer het, wat in die bos gebeur het, ons vrese en verwagtinge, ons trane en blydskap, ons kameraadskap en lojaliteit teenoor mekaar – selfs jare nadat die bataljon ontbind is en ons uitmekaar gespat het. Daarom noem ek dit ‘n storie, nie van 32 Bataljon en sy soldate nie, maar van sy mense.

Die Buffel Struikel (2006) was van meet af aan ‘n wegholsukses wat reeds drie keer hersien en pas vir die twintigste maal herdruk is.

Aan die einde van die boek gee die skrywer ‘n opsomming van 32 Bataljon se verliese gedurende die Grensoorlog. Daar is ook ‘n lys van gestorwe lede plus ‘n register van die Kimbo-begraafplaas.

Sagteband, 516 bladsye plus fotoseksie

Bestellings: