Bakenskop Koshuis, Volop

 
(Die kaart hierbo is slegs om die plek Volop te kry, en nie die ou Koshuis self nie)

Volop! ...Dis so ʼn lekker naam. 

So asof alles in oorvloed is. Waar kinders afgesonderd vêr van die res van die wêreld maar net kind kon wees. Waar ʼn gemeenskap rondom hulle saamgestaan het. 

Vandag is Bakenskop Koshuis net ʼn murasie, maar die onthou van maats wat daar saam was en saam kattekwaad aangevang het, leef voort in die gedagtes van mense wat daar geleef het toe alles nog verstaanbaar was.
Deur: Wollie Burger