Anderkant Cuito: ‘n Reisverhaal van die Grensoorlog (Louis Bothma)

Hierdie is die verhaal van ‘n groepie oudsoldate wat in 2010 die langpad na Cuito Cuanavale aangepak en die brug oorgesteek het.

Hulle het by ou basisse en gevegsterreine aangedoen, hul makkers onthou, uitgereik na ou vyande, gemeng met mense langs die pad, en in die as van die Grensoorlog sin gaan soek. Padlangs het die reis 19 dae geduur, maar in hul koppe het die skrywer en sy makkers ‘n reis van 100 jaar afgelê.

In 2015, nadat die eerste oplaag van Anderkant Cuito uitverkoop en herdruk is, het Bothma gedoen wat geen ander skrywer nog ooit gewaag het nie – sy hele boek stuk-stuk op sosiale media gedeel. Anderkant Cuito op facebook, het gou deel van die daaglikse roetine geword en regoor die wêreld het mense elke dag in afwagting gesit om die volgende episode te lees en kommentaar te lewer. In 2019 is die kommentare versamel en verwerk, as voetnote onderaan elke episode aangebring, en het ‘n hersiene uitgawe die lig gesien.

Anderkant Cuito is nie ‘n omvattende en gedetailleerde relaas oor die Grensoorlog nie, maar eerder ‘n prikkelende en bevrydende reisverhaal wat ‘n wye aantal operasies en aspekte van die oorlog uitlig. Dit is ‘n maklike leesboek vir mense wat in die Grensoorlog belangstel, of ‘n heel ander soort reisverhaal wil geniet as dit waaraan hulle gewoond is.

Sagteband, 428 bladsye, kaarte, 14 bylaes en twee fotoseksies.

Bestellings: