Scotty Smith, the Robin Hood of the Kalahari

George St Leger Lennox (1845 – 1919), beter bekend as Scotty Smith, was 'n Suid-Afrikaanse rower en bekend as Suid-Afrika se eie Robin Hood.
You may still find this second hand book by doing a search
Hy is in Perth in 1845 in 'n Skotse adellike gesin gebore. Dwarsdeur die hele Suid-Afrika en veral in die Kalahari is daar baie stories oor Scotty Smith in omloop.

Scotty wou nie met die vrou wat sy vader gekies het, trou nie. Daarom het hy nie sy erfenis ontvang nie. Hy het in die veeartsenykunde studeer voordat hy na die kolonies vertrek het. Hy het eers na Australië gegaan en aan die "Kalgoorlie gold rush" deelgeneem, maar was blykbaar nie baie suksesvol nie. 

Daarna was hy agtereenvolgens "prize fighter" in New York, 'n veeartsoffisier van 'n leërregiment in Indië en 'n bevelvoerder in die ruitery in Indië. Weens die groot aantal ongevalle onder sy manskappe het 'n krygsraad hom ontslaan.

Scotty het in 1877 in Suid-Afrika aangekom om by die Frontier Armed and Mounted Police aan te sluit en het aan die Gaikaoorlog deelgeneem. Dit is nie presies bekend wanneer hy as soldaat uitgetree het nie.

Hy het beweer dat hy die identiteit van 'n oorlede vriend met die naam Scotty Smith as sy eie aangeneem het. Bespiegeling wil dit hê dat hy dokumente met die naam Scotty Smith gebruik het om uit die leër ontslaan te word. Na sy loopbaan as soldaat het sy lewe 'n meer opwindende fase binnegegaan. In 1892 is hy met ene Juffrou Van Niekerk getroud en het by haar twee seuns en vyf dogters.

In Suid-Afrika was hy wapensmokkelaar, struikrower, jagter, diamantsmokkelaar en 'n perdedief. Hy het so ver as Betsjoeanaland (vandag Botswana) opgetree.

Scotty Smith is dikwels deur die polisie aangekeer, maar het elke keer op een of ander manier ontsnap. Hy het hom dikwels as iemand ander voorgedoen. Menigmaal het Scotty ryk mense se geld gesteel en die geld vir behoeftige mense gegee (hiervandaan die bynaam "Robin Hood van die Kalahari").

Daar was blykbaar 'n boer wat Scotty ontmoet het, maar hy het nie Scotty herken nie. Toe vertel die boer vir hierdie man (Scotty) dat hy wens hy kon Scotty Smith vang en hom aan die polisie op Kenhardt oorhandig om die uitgeloofde beloning vir Scotty se arrestasie te ontvang. Toe identifiseer Scotty homself en sê die boer moet hom met 'n geweer teen die kop na die polisie neem. Die boer het so gemaak en die beloning gekry. Scotty het daardie selfde aand weer ontsnap.

Nog 'n storie van Scotty vertel hoe hy onwettige diamante vir die polisie versteek het. Hy het blykbaar die diamante in die ketel op die kampvuur gesit. Al was die diamante binne die ketel, het hy koffie vir die polisiemanne geskink.

Dit is nie bekend hoe waarheidsgetrou al die anekdotes is nie. In die meeste verhale het hy altyd op een of ander wyse vir die polisie weggekruip.
Partykeer het hy hom vermom, soos die dag toe die polisie, wat op patrollie was, by hom aankom. Hy vra dat hy toegelaat word on huisgodsdiens te hou vir sy werkers. Hy bied die huisgodsdiens in Boesman taal aan. Die polisie vermoed niks.

Intussen gee hy sy werkers mondelings instruksies hoe alles moet weggesteek word sodat die polisie nie die goed moet sien of vind nie!!
Scotty's house at Letland's Pan - See Photo credit below
Scotty, his wife Susanna & 7 children - See Photo credit below
Scotty's grave - See Photo credit below & Dr H Abbott
Ander Verwysings: