Oorlog sonder oorwinning (HN Kotze)

Anglo-Boereoorlog in omgewing van Kakamas, Kenhardt, Keimoes en Upington.

Die verhaal van die Anglo-Boereoorlog in die Gordonia- en Kenhardt-distrikte wentel hoofsaaklik om ʼn rebelle kommando wat sy basis meestal in die omgewing van Kakamas gehad het. Die Anglo-Boereoorlog in die Noordweskaap was van groter strategiese betekenis as wat algemeen besef word, veral onder die bevel van generaal Jan Smuts.

Die Kakamas kommando was hoofsaaklik in guerilla-optredes betrokke, maar ook in ʼn aantal groot gevegte, soos by NRougas, Keimoes, Swartkop en Kakamas. Die kommando het wisselvallige militêre sukses behaal en het ook binne ses maande van twee kommandante ontslae geraak.

ʼn Interessante aspek van die oorlog in die Noordweskaap is dat ʼn duidelike rassedimensie gehad het, met ondertone van burgeroorlog. Die burgerlike bevolking het ook swaar gekry onder krygswet en ʼn groot aantal het na Duitse gebied gevlug.

In die algemeen het die oorlog negatiewe gevolge vir oorwinnaars sowel as oorwonnenes gehad.
Verwysing vanaf: https://www.bidorbuy.co.za/item/172228756/Oorlog_sonder_oorwinning_Anglo_Boereoorlog_in_omgewing_van_Kakamas_Kenhardt_Keimoes_en_Upington.html

Deur: HN & DA Kotze

Te koop by: