Noord-Kaapse Dorpe (Jan van der Merwe)

Die boek is uitgereik deur Dr. Jan van der Merwe van Bloemfontein. Die boek het 760 bladsye en vertel die verhaal van elke dorp in die Noord-Kaap, insluitend staaltjies.

Hy het sowat 2 jaar navorsing gedoen oor al die dorpe. Volgens hom is Vosburg en Loxton twee van die mooiste dorpe in die Karoo. Daarteenoor is Hondeklipbaai en Leliesfontein die twee mooiste dorpe in Namakwaland.

Volgens hom bly Sydney-on-Vaal die grootste verborge skat in die Noord-Kaap, alhoewel dit in privaat besit is.

Die boek handel ook oor n paar spook-dorpe.
Draghoender
Koegas
Grootmist
Volop
Boetsap
Alexanderbaai
Deur: Jan van der Merwe
Boek: Die Noord-Kaapse dorpe

Dit is ‘n pragtige koffietafelboek wat die ontstaan- en naamgeskiedenis van 220 Noord Kaapse dorpe en ander plekke bespreek. Die boek bevat ook pragfoto’s. Dit was R850, posgeld uitgesluit.

Ander Verwysings: