Kalahari-Stories - Staaltjies uit die Van Zylsrus-kontrei (Chummy de Bruin)

Hierdie is ʼn bundel kortverhale wat jou beslis ʼn draai in die Kalahari sal laat maak!

Tussen die Kalahari se rooi duinsand, naby die Botswana-grens, is daar onontgonne stories wat nog vertel moet word. Staaltjies wat jou heimwee sal gee oor wat was en opgewonde maak oor wat is.......

Die uitmergelende droogte en die daaropvolgende dans van die wonderlike reën, hardkoppige plaashekke en rooihartbeeste wat gevang moet word, tierjag en bokjag en aande om die kampvuur, maar die belangrikste......

ʼn Huldeblyk aan ʼn boeregemeenskap, kerk en skool van groot geeste wat saamstaan en vooruitkyk. Kom lag saam en pik ʼn traan weg, span jou sintuie in en ervaar die Van Zylsrus-kontrei van die Kalahari.
Author: Chummy de Bruin
Facebook: https://web.facebook.com/Kalaharistories
Orders & eMail: debruinchummy@gmail.com