Gee my ʼn man (Hannes Kloppers)

Hannes Kloppers wrote an Afrikaans book "Gee my 'n man" during the early seventies about the 1930's first taming and development of the Kalahari Gemsbok Park, now the Kgalagadi Transfrontier Park. 

Veldwagter Joep le Riche en die Kalahari-Gemsbokpark was baie jare lank sinoniem. Kort na hierdie gebied as wildtuin geproklameer is, word dit Joep en die park se eerste bruin veldwagter, Gert Mouton, se taak om die ongenaakbare dog pragtige droë streek te tem. 

Joep se avonture en nagmerries stel 'n wêreld aan die leser bekend waar veldwagters en hul konstabels nog kilometers op die rue van skommelende kamele aflê, leeus moet trotseer en astrante wilddiewe behoorlik laat les opsê. 

Die skrywer betrek ook die oorlog van die legendariese Hendrik Witbooi teen Suidwes-Afrika se Duitse bewind en vertel van diegene wat op Gilarmi A. Farini se spoor gaan soek het na die Verlore Stad van die Kalahari. Humor en swaarkry gaan hand aan hand in hierdie boeiende en insiggewende vertelling. 

Hannes Kloppers was ook 'n veldwagter in die Krugerwildtuin en ook die outeur van Veldwagter!