Oorblyfsels uit ‘n vorige eeu, maar vir moeders en geliefdes in ‘n verre Europa of êrens in Suid Afrika, moes die nuus dat hul geliefde seun of liefling hier op Gibeon gesterf het en tussen sy makkers en vyande ter ruste gelê was, ‘n groot skok en hartseer gewees het.
Terwyl ek daar staan het ek gewonder hoe hierdie families/moeders/ liefling dit moes verwerk het. As ingedagte gehou word dat hulle nooit hul seun of geliefde se grafte sou kon besoek nie, en dis mos menslik vir hulle om vrae te vra, soos “hoe het hy gesterf?”; “.. Het hy baie gelei?”; “.. was daar iemand by hom?” Vrae wat nooit beantwoord sou word nie.
Ironies genoeg lê die eertydse vyande in vrede bymekaar in dieselfde begraafplaas waar die son in die somer neer skroei en die winde oor Namibiese vlaktes waai.
Ons ry weer verder en die ou bekende refrein herhaal dit self oor en oor,
Where have all the soldiers gone, long time passing?
Where have all the soldiers gone, long time ago?
Where have all the soldiers gone?
Gone to graveyards, everyone.
Oh, when will they ever learn?

Deur: Wollie Burger