Huis Pekanje (E Grootdrink 4km)

Welkom by Huis Pekanje. Is jy oppad of kort jy n wegbreek? Kom slaap gerus by Huis Pekanje. Daar is genoeg slaapplek vir 14 mense. Huis Pekanje is n selfsorg "huis", maar ons bedien ook etes. Die kamers het lugversorging en elke kamer het sy eie onderdak parkering met toegang tot die kamer. Die kombuis is toegerus en daar is n lekker binnebraai vir die winter. 

Upington is sowat 70km weg en bied baie vermaak. Augrabies wattervalle is 190km weg. Waterford 4x4 roete en duine is 95km weg. Boegoeberg Dam is 88km weg. School of Fire en hul Krokodilplaas is 15km weg. Grootdrink Winkel is baie naby(4km) en hul het heerlike etes, brandstof en nog vele meer. 

Die mooie Oranje Rivier (1km) is naby vir visvang, swem of roei. Piekniek onder die Pekanneut bome of langs die Oranjerivier, Bergklim of n bietjie rondry en verken, kom ontspan en geniet die mooie uitsigte en stiltes van Huis Pekanje.

____________________
____________________