Kinderlê Monument (Steinkopf)

Die Kinderlê-monument by Steinkopf in die Noord-Kaap herdenk n massamoord op Nama-kinders.

In die middel van die 19de eeu was die streek rondom die sendingstasie by Steinkopf vasgevang in n ernstige droogte. Gevolglik het verskeie Nama-gesinne met hul vee weggetrek na n bron ongeveer 12 km noordoos van die dorp. Op n Sondag in 1867 toe die volwassenes n kerkdiens op Steinkopf bygewoon het, is die Nama-kamp deur n groep Boesmans binnegeval. Met pyl en boog is 32 Nama-kinders, hul oppassers en selfs die honde gedood.

Die plek van die massagraf is met n klein grafsteen gemerk en staan bekend as Kinderlê. Op 30 Junie 2003 is op hierdie plaaslike erfenisterrein n verdere gedenkteken onthul.

____________________
____________________