Rietpoort Herberg/Inn (N Victoria West 30,2km)

Dirk is die vierde geslag op die plaas. In 2005 het Dirk & Naome met hul gastehuis begin. Daar is 4 kamers met badkamers aan die een kant van die huis. Daar is baie koelte onder die bome. Daar is ook n selfsorg eenheid met 2 klein slaapkamers en n klein kombuis.

Die plaashuishuis was in 1800's gebou. Daar is n slaweklok wat in die vroee 1800's in gebruik was. Daar is ook boesmantekeninge in die omgewing. n Ysterklavier van die boesmans is ook hier in die berg. Dit is klippe met ysterinhoud wat hulle gebruik het om musiek mee te maak.

____________________
_____________________
_____________________