Voeltjiemis plant

Hierdie plantjie is in hierdie omgewing bekend as voëltjiemis. ( Avonia ustulata ) is vroeër jare wyd as plaasvervanger vir suurdeeg gebruik. Dit staan ook bekend as droëgat, kareebossie, kiriemoer, moerhoutjie, gansmis en moerbossie.

Die vetplantjie kom voor op die wit kwartsvlaktes van die Boesmanland en Karoo. Die plantjie, wat maar 'n paar sentimeter hoog word, is yl vertak met spreidende stingels wat bestaan uit grys, deurskynende skubbe (vergroeide steunblare) wat dakpansgewys gerangskik is. 

Onder die skubbe word die klein groen blaartjies beskerm. Die plantjies is natuurlik ook gebruik in die fermentasie proses om bier te brou. Van daar die name wat daaraan toe gedig word.

Deur: Wollie Burger