Rekenaar Tegnologie 1975 tot 2020

Hierdie was my eerste rekenaar in 1977. n BBC Challenger met n massiewe 4kb geheu. Deesdae het selfone 128gb of selfs meer. Om dit alles in perspektief te stel is 128gb gelykstaande aan 134,217,728kb. Gedeel deur 4kb, was die destydste rekenaar se geheu dus oor die 33duisend maal kleiner gemeet teenoor n hedendaagse selfoon.

Ek het na die eerste jaar die geheu uitgebrei tot n massiewe 8kb, die maksimum grootte vir die rekenaar. Dis amper soos om n mier teenoor n olifant te meet.

Uittrelsel vanaf Wikipedia.

The Superboard II was the least expensive computer, retailing for around the $279 price range, with an onboard BASIC programming language. It came without a case or power supply. It was a single board computer with the keyboard integrated on the same printed circuit board. It was shipped with 4KB of RAM (upgradable to 8KB), a 2KB BIOS in ROM (known as SYNMON as the ROM was labeled 'SYN600' or 'SYNMON 1.0') and an early version of Microsoft 8k BASIC OSI 6502 BASIC Version 1.0 Revision 3.2 (c) 1977 By Microsoft.

Met die 4kb (dit is gelykstaande aan 4,096 stoor plekkies) kon jy daardie dae baie mee doen in terme van kapasiteit. Maar jy moes eers n program van n kassetband aflaai.

Jy moes partymaal meer as eenkeer die program aflaai, want daar was baie foute wat met die aflaai ingesluip het. Deesdae "update" jy jou foon waanvan die inhoud miljoene maal groter is binne sekondes af, en soos n towenaar nogal sonder dat enige kabels aangeheg is.

Sjoe, latere jare kon jy darem aanskuif na n "floppy drive". Die term is so oud daar is bykans nie n Afrikaanse woord vir dit is nie. Die naaste was daar is, is seker n sagte skyf.



Met die outjies kon jy 10 maal vinniger jou program aflaai en ook baie meer goed vinniger stoor. Die 2 voorbeelde links is n 8 & 5 duim modelle as ek reg onthou. Later was daar ook die "stiffy". OK, iewers in n woordeboek verskyn "Styf ry" as die Afrikaanse naam!


Dan was daar nogal baie keuses vir die rekenaar skerm. Net wit op swart of groen op swart.

Die internet het nog nie daardie jare bestaan nie. Vandag kan jy amper niks meer gebruik tensy jy nie aan die internet gekoppel is nie.

Na my weermag opleiding het ek onder andere vir die Oosterlig in Port Elizabeth gewerk. Ek het weereens as n stokperdjie met die rekenaar begin werk. Ek moes ook my Engels opknap, want alle dokumentasie was in Engels. Ek het boeke en diagramme uit Engeland bestel en begin leer wat nog moontlik was met die tegnologie.

Hier is n voorstelling soos alles inmekaar gepas het. As n mens kyk na die woord "Mass Storage" dan lag n mens deesdae.

Na so 2 jaar se navorsing kon ek uiteindelik met n projek begin. Koerante word gedruk deur n groot masjien, die rolpers.

Ek het toe n besluit om n projek te begin om n meter aan die rolpers te koppel om die maatskappy geld te bespaar. n Rolpers gebruik baie papier en ink. Die spesifieke rolpers het nie n afteller gehad nie. Dus kon jy maklik per ongeluk n paar duisend koerante te veel druk as die masjien werkers dalk aan n probleem gewerk het.

Die volgende items was vooraf gebou, en verskoon maar die Engels.

  • Custom built EPROM holder and cabling connected to my Challanger
  • An Assembler program to transfer the code from the Challanger memory to the EPROM
Rekenaar taal bestaan uit 0 (zero) en 1. Assembler is n kodifiserings metode. EPROM beteken Electrical Programmable Read Only Memory. 

Daarna is die rekenaarbord gebou, wat bestaan het uit n nommer sleutelbord en n klein syfer vertoon bord. Met die meganisme kon die voorman die aantal koerante benodig op die sleutelbord intik. Dit het die rolpers ook aan die gang gesit. Met elke koerant het die teller met een verminder. Elke 25st koerant was ook met die teller automaties met n rooi kol gespuit, want koerante was in pakke van 25 versprei.

Wanneer daar nog so n duisend eksemplare nodig was, het die rekenaarbord die rolpers begin laat spoed verminder. 

Uit die tegnologie het daar ook nuwe woorde uit Afrikaans moes kom. My gunsteling tegnologie woord in Afrikaans vir "Flip-Flop" is "Wipkring".

Dit is nou 45 jaar sedert 1975. Wat gaan die volgende 45 jaar inhou? Besef net dat wat ons vandag as gevorderd beskou in 2065 soos uit die oudedoos sal lyk.

Deur: Johan Swart