Rebelspoor (LJ Bothma)

Dit was die Afrikaner se bitterste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar twaalf jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en sy minister van verdediging, Jan Smuts -- aan die ander kant die rebelliekommando's (Boere) van kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers.

Na 'n paar maande was alles verby. Die einde was bitterder as in 1902. De la Rey en Beyers was dood. De Wet, Kemp, Conroy, Wessels en duisende ander helde uit die Anglo-Boereoorlog was in die tronk. Manie Maritz het in selfopgelegde ballingskap die wêreld vol geswerf.

Hoe gebeur so 'n tragedie? Wie is die skuldiges? Hoe kyk mens 100 jaar later daarna?

Sagteband, 530 bladsye plus 16 bladsye foto’s en 13 kaarte wat die teks toelig. Volledige register en 1 532 bronverwysings. Gepubliseer September 2014.
Deur: Louis Bothma
Bestellings: