In “Romeo and Juliet” word die vraag gevra “What's in a name?”
Dit is ook die gedagte wat by my opgekom het toe ek by die mistroostige trein-staning Josling afdraai. Al wat van Josling oor is, is ’n bord waarop die naam staan en ’n laaibank wat baie jare laas gebruik is om skape op en af te laai of draad en pale en ander plaas benodighede af te laai.

Van die geboue wat eens op hierdie kalkvlakte gestaan het is net die fondasies getuienis daarvan. Tog het die naam vir my baie meer betekenis as net die eensame bord wat nou langs die treinspoor tussen Kleinbegin en Upington staan.
Vir dié wat FA Venter se jeugreis “Kambro-kind” gelees het, sal weet dit is tot by Josling waar hy en sy gesin in 1927 met die trein gery het en waar hulle op ’n triestige winters oggend met hul mowwe moes afklim.
Eintlik verteenwoordig Josling vir my nie maar net ’n stasietjie nie, maar ’n tydvak. ’n Tyd van armoede en droogte en ’n tyd toe baie Afrikaners losgeskeur is van hul gebondenheid met hul plaas en met hul diere.
In daardie tyd het die spoorweë vir baie boere ’n heenkome geskep. Aanvanklik net om ’n broodjie vir sy gesin op die tafel te kry, maar uiteindelik was dit die fopspeen om hom los te maak van ’n leefwyse waarheen baie nooit sou terugkeer nie.