Eselkloupan (Groblershoop)

Is Eselkloupan se spore eselspore of spoelgate?
Die plaas Eselkloupan is geleë in die Noord-Kaap, 17km vanaf Groblershoop.

Geoloë beweer dat die gesteente waarin die "Spore" ontstaan het, gevorm is voordat daar soogdiere op aarde was. Volgens hulle teorie was dit deur water en natuurlike verwering gevorm.
Daar is ook ’n ander denkskool. Mense wat aanvoer dat die gesteente waarin die “spore” gevorm is, ’n konglomeraat is. ’n Gesteente wat onder hoë druk uit los klippe en sand gevorm was en eers later in die aarde se vormingsgeskiedenis ontstaan het en dit daarom moeilik is om die presiese ouderdom daarvan te bepaal.

Daar is ook die wet van gemiddeldes wat bepaal dat die waarskynlikheid dat die gate as gevolg van natuurlike verwering kon ontstaan bykans onmoontlik is.

Hulle verduidelik dit soos volg.
As jy 'n dobbelsteen neem en dit gooi, is die kans dat dit op 'n ses sal val 1 uit 6. (6 Kante)
Om twee sesse te gooi is die kans 1 uit 36 (6x6). 3 sesse is 1 uit 216 (6x6x6) ens ....ens....ens.
Wat is die kans dat jy twee spoelgate gaan kry wat soos 'n eselspoor lyk?
Of, Hoeveel keer het u al so 'n "spoor" gesien?

Vir hierdie oefening kan aanvaar word dat dit waarskynlik is dat daar een so 'n gat vir elke 1000 spoelgate is. Om dus twee spoelgate te kry wat soos 'n eselspoor lyk, is die waarskynlikheid 1000 X 1000. M.a.w. 1 uit 'n miljoen.

Die waarskynlikheid om dus 5 sulke gate te kry is 1000 x 1000 x 1000 x 1000 x 1000. M.a.w. 10 tot die mag 15.
Die waarskynlikheid dat hierdie spore almal dieselfde grote, dieselfde diepte en in die selfde rigting wys en nog binne 'n radius 3 meter van mekaar is, maak dit wiskundig onmoontlik. Let ook daarop dat daar ongeveer 12 “spore” in die gesteente vasgevang is.

Indien dit dan wel spoelgate is, wat soos u self kan aflei hoogs onwaarskynlik is, behoort dit ook as 'n wonder en ’n nasionale besienswaardigheid erken te word.
Ek sal graag u kommentaar hieroor wil hoor.
Die vraag bly dus: Is Eselkloupan se spore eselspore of spoel- of maalgate?
Vir meer inligting kontak my. As u ’n mening het, is u welkom om dit hier te gee.

Sel: 083 303 7762
Whatsapp: 083 303 7762
Tel: 054 741 0119
Faks: 086 6750750

Deur: Wollie Burger