Ekspedisie Boesmangrot 23 September, 2017
Sy beoordeel dit as baie moeilik, omdat daar nie ’n roete of paadjies is nie en besoekers hul pad deur los klippe moet baan en op die kruin van die berg moet stappers ook melkbosse trotseer wat aan jou skoene en bene haak en dit moeilik maak veral as die stappers moeg en uitgeput is.
Die agterste monster kan baie duidelik op foto gesien word met die donker kleure van hoë konsentrasie koolstof en as tot ’n diepte van tot 300mm. Daarna kon ons met die blote oog geen teken van menslike aktiwiteite waarneem nie, behalwe ’n verdonkering van die grond die laaste 300mm wat moontlik toegeskryf kan word aan kleideeltjies wat op die vloer van die grot geakkumuleer het.
Omdat die grot nie maklik toeganklik is nie en staande water net gedurende reën seisoene beskikbaar sou wees, was dit volgens ons oordeel nie permanent bewoon nie en was dit moontlik net gebruik in baie gunstige seisoene of as skuilplek teen vyande.
As jy voor in die grot staan wat ongeveer 8 meter diep is, sal jy nooit dink daar kan skuilplek wees nie en kan ’n besoeker maklik dink die grot is leeg. As jy egter tot heel agter stap neem jy eers die verhemelte waar. Sien deursnee skets en foto van die verhemelte.
Die stapel klippe voor in die grot bly egter ’n raaisel, aangesien hierdie klippe ingedra was en opmekaar gestapel was.
Die doel:
Om grondmonsters met ’n hand-grondboor op verskillende dieptes in die grot te trek, met die minste moontlike versteuring aan die terrien, om te sien of daar mense gebly het.
Ons het die grot in 12 April 2008 herontdek en dit was gister my 5 de besoek daar.
Die roete:
Omdat Marlette die enigste lid is wat gereeld in Pretoria staproetes aangepak het en daarom die moeilikheidsgraad van die roete die beste kan beoordeel sal ons op haar oordeel staatmaak.Sy beoordeel dit as baie moeilik, omdat daar nie ’n roete of paadjies is nie en besoekers hul pad deur los klippe moet baan en op die kruin van die berg moet stappers ook melkbosse trotseer wat aan jou skoene en bene haak en dit moeilik maak veral as die stappers moeg en uitgeput is.
Die grot is ±190 meter bo die vloer van die omliggende area. Die grond wat in die grot teenwoordig is, was deur wind daar ingewaai en omdat dit so hoog bo die omliggende vloer van die gebied is, was dit volgens ons mening ’n baie lang proses en kon dit honderde jare geneem het om die vloer van die grot met 1 cm te verhoog.
By die ingang van die grot het ons reeds met ons eerste besoek in 2008 houtskoolreste opgemerk wat ’n aanduiding was dat dit wel deur mense besoek was.
Waarneming.
Ons het op twee plekke grondmonsters getrek. Een agter in die grot, tot ’n diepte van 1100mm en die een voor tot ongeveer 550mm.
In albei gevalle was daar duidelike tekens van houtskool en as teenwoordig, wat ’n aanduiding is dat die grot wel oor ’n lang tydperk besoek is.
Die agterste monster kan baie duidelik op foto gesien word met die donker kleure van hoë konsentrasie koolstof en as tot ’n diepte van tot 300mm. Daarna kon ons met die blote oog geen teken van menslike aktiwiteite waarneem nie, behalwe ’n verdonkering van die grond die laaste 300mm wat moontlik toegeskryf kan word aan kleideeltjies wat op die vloer van die grot geakkumuleer het.
Omdat die grot nie maklik toeganklik is nie en staande water net gedurende reën seisoene beskikbaar sou wees, was dit volgens ons oordeel nie permanent bewoon nie en was dit moontlik net gebruik in baie gunstige seisoene of as skuilplek teen vyande.
As jy voor in die grot staan wat ongeveer 8 meter diep is, sal jy nooit dink daar kan skuilplek wees nie en kan ’n besoeker maklik dink die grot is leeg. As jy egter tot heel agter stap neem jy eers die verhemelte waar. Sien deursnee skets en foto van die verhemelte.
Volgens die skatting van die ekspedisielede, kon twintig lede van ’n Boesman familie maklik daar skuil, as die liggaamsbou van hierdie mensies in aanmerking geneem word.
Die stapel klippe voor in die grot bly egter ’n raaisel, aangesien hierdie klippe ingedra was en opmekaar gestapel was.
Dankie, aan almal wat hierdie interessante besoek meegemaak het en ons hoop die FB vriende het dit interessant gevind.
Deur: Wollie Burger