Die dae voor moderne GPS (Twee Rivieren)

Voordat GPS tegnologie vrylik beskikbaar was moes n mens maar n ander plan beraam om na baie verafgelee plekke vir die eerste keer te ry. Daar is niks wat jou soveel gemoedsrus gee as om te weet presies waar jy is nie. Veral nie as baie van jou reise alleen aangedurf word nie.

Ons moes in daardie dae maar in ander oplossing vind.

n Stel staats kaarte is aangekoop van grootte 1:250,000. Die kaarte het elke koppie naam, elke rivier, elke plaas naam, elke bergreeks en elke pad of paadjie aangedui. Daar was in totaal 70 kaarte van die grootte om die hele Suid Afrika te dek.

Die proses was om eerstens elke kaart te skandeer. Omdat die kaarte so fisies groot was, moes ons dit ook by die staats drukkers laat skandeer. En daarna moes hulle die kopie op n "floppy disk" skryf.

Tweedens moes n mens n program kry wat met kaarte kon werk. Die Aussies het al lank terug n program ontwikkel met die naam OziExplorer. Ons het die program bestel uit Australia. Ja, dit het per pos op n "floppy disk" hier aangekom. Daar was toe nog geen internet vir privaatgebruik nie.

Derdens moes elke kaart een vir een op 16 plekke gekalibreer word met die regte lengte en breedte grade. Dit was maar n stadige proses om al 1,120 kalibrerings merke in te kry. Elke kalibrasie merk het bestaan uit iets soortgelyks. 26 36.142 S & 152 22.665 E

Vierdens het jy n outydse GPS aan die rekenaar gekoppel, wat vir die program jou huidige posisie deurgegee het. Dis al wat daardie GPS kon doen. Die program het op sy beurt weer die regte kaart opgeroep, afhangende van jou posisie.

Die stelsel is tot vandag nog die beste GPS stelsel wat ek gehad het. Deesdae koop jy n GPS en jy koop Tracks-for-Africa van die internet. Maar selfs dit gee jou nie naastenby die inligting wat jy op die staats kaarte gekry het nie. Maar dis maar n gedoente met n groot rekenaar in jou motorkar daardie tyd.

Hieronder is n voorstelling soos die sisteem gelyk het.


 
Maar n moderne GPS in n onosel mens se hand bly maar n probleem. Ons het die Polentswa, Sesatswe en Lang Rambuka roete eenjaar bespreek in die Kgalagadi. As ek reg onthou moet jy ten minste 3 voertuie wees, maar nie meer as 5 in een group nie.

Jy slaap die eerste aand by Polentswa. Dit is so 60km noord van Nossob. Dit is n eko route, wat n klomp goed beteken. "Garbage-in garbage-out", geen sleepwaens, sit jou 4wiel dryf aan om die 2spoor pad te beskerm, jy ry stadig, ens.

Die 2de dag slaap jy oor by die Sesatswe pan. Dis maar net n bordjie wat daar staan. Dis al. As jy van een punt na die volgende ry neem dit jou so n paar ure. As jy dus 10uur uit Polentswa vertrek behoort jy so tussen 2 & 3 uur by die volgende kamp te wees.

Jy eet maar gewoonlik voor donker en sit die aand om die kampvuur en gesels. Jy bly maar oplettend. As jy op die 3 dag roete is, is jou groep die enigste groep op die roete.

Sal daar wragtag nie die volgende dag 2 voertuie uit die rigting van Polentswa kom nie. Dis so om en by 10uur die oggend. Ons keer hulle voor by die kampplek. Ons vra hulle wat hulle hier maak. Hul antwoord "Ons volg maar net die GPS!"

Toe ons vir hulle se hierdie is n bespreekte roete toe wil hulle sommer geweldadig raak. Ek het gou die graaf gaan haal. Met n spoed trek hulle daar weg. Ek merk toe op hulle het nie hul 4x4 aan nie, want die sand skop net uit n agterwiel uit. Ek skreeu nog dat hulle hul 4x4 aandrywing moet aansit. "Ek het nie 4x4 nodig nie" skreeu die klong.

Die volgende oggend na ons vertrek by Sesatswa sien ons die 2 voetuie staan by die Kaa ingang. Ons het wel hul voertuig nommers met ons terugkeer by Nossob gaan aanmeld.

Ons boodskap aan die soort besoekers is .."Garbage-in garbage-out". Ons hoop julle is uit die park verban. Ons herhaal die laaste paragraaf uit die boek "History of the Kgalagadi National Park".

"The future of the Park lies in a careful balancing act between the demands and needs of conservation and tourism. Every tourist can play a part by using water sparingly, driving carefully on the Park's roads and by respecting the officials and treating them in a courteous manner."
Elk geval, op die route moet jy nie massas wild verwag nie, veral nie na die wintermaande nie. Die veld is droog en geen water nie. En pasop waar jy stilhou. Die gras teen jou uitlaat maak binne oomblikke n vlam, soos die voertuig hieronder getuig. Dit lyk amper soos n Landrover. Na elke dag se rit moet jy enige gras onder jou voertuig verwyder.


Saamgestel Deur: Johan Swart
____________________
____________________