Boerseep - Trekpad Gunstelinge (Brandvlei)

Ek is n boervrou in die dorre Noord-Kaap. Met die voortslepende droogte wat nie wou skiet gee nie het ek begin boerseep maak en verkoop om met die finansies te help. Die Landbouweekblad storie van 8 Julie 2021 verskyn heelonder.

Loer na Chantelle Kotze se Facebook blad. Jy kan haar ook opos by chantellekotze8@gmail.com Haar nommer is +27 74 892 6101 of jy kan haar Whatsapp.

Boerseep is 'n baie veeldoelige seep!
- Dit is bio-afbreekbaar, sonder enige skadelike chemikalieƫ en gryswater vriendelik.
-Boerseep kan in enige wasmasjien gebruik word.
-Is geskik om in warm of koue water te gebruik.
-Skakel die nodigheid van versagmiddels uit omdat dit klere reeds sag maak.
-Boerseep is geskik vir sensitiewe vel as ook mense wat met allergieƫ sukkel.
-Boerseep is ook geskik vir troeteldiere, sag op hulle vel en pelse.
-Boerseep is ook baie ekonomies omdat dit so 'n groot verskeidenheid van gebruike het.

Kry jou Boerseep vandag nog, leef groener en spaar terselfdertyd!


Landbouweekblad - 8 Julie 2021 Boerseep trek droogte se angel

Chantelle Kotze was aanvanklik skugter om haar boerseep te verkoop, maar die droogte wil net nie gaan le nie. Nou kry sy bestellings regoor Suid-Afrika vir haar alles-in-een boerseep produkte, Trekpad Gunstelinge.

Hoe het Trekpad Gunstelinge ontstaan?

Ek en my man en ons vyf kinders boer naby Loeriesfontein met Merino's en Meatmasters. Ek is n lapdoek mamma en moes na goedkoper alternatiewe soek om doeke, maar ook die hele gesin se klere, skoon te hou. Ek het alle hardevet begin bymekaar maak wanneer ons slag en dit toe gewaag om seep daarvan te maak. Ek het dadelik daarin belangestel, aanvanklik as n stokperdjie, maar dit was ook nuttig in en om die huis.

Met die voortslepende droogte het ek planne begin beraam vir n extra inkomste. Ek het in die stadium skuinskoek gebak, maar dit is moeilik met n baba. Koekies was weer n probleem om dit in n aantreklike toestand in die dorp te kry, en boerbeskuit word so vinning deur my kinders opgeeet dat ek nie genoeg kan bak om te verkoop nie.

Dit val my toe by dat ek reeds iets maak wat nie opgeeet kan word, nie bederf nie en wat die pad dorp toe sal oorleef - boerseep.

Dit het natuurlik nie van die begin af klopdisselboom gegaan nie. Mense is nie meer so bekend met boerseep nie en wantrou die produk. Ek was aanvanklik skaam en skugter om te adverteer, want ek is net n boervrou en geen besigheidsmens nie. Ons gebede was deurslaggewend.

My man het vir my gese ons is op die laaste. Hy het nog net genoeg diesel om vir n laaste keer Boesmanland toe te ry, na die grond wat ons daar huur. Dan weet hy nie verder nie. Ek begin toe harder bid en plaas my eerste advertensie - met groot sukses.

Hoe lyk jou produkreeks?

Ek maak blokke boerseep, gerasperde boerseep en nou ook n boerseep-jel-konsentraat, asook brandrissiesous en tamatie-en-appel-blatjang. Met kwepertyd hoop ek om kweperprodukte te maak.

Hoe en waar bemark jy jou besigheid?

Ek gebruik Facebook grotedeels as advertensie platform, en hier en daar ook webwerwe.

Hoe dra jou onderneming tot die boerdery by?

Danksy my onderneming is daar elke week kontantvloei. Dit help met diesel, voer, om grond te huur. Oral waar ons vasdraai, dra die boerseep ons deur.

Hoe het julle die besigheid gefinansier?

Aangesien ek ons eie slaggoed se vet gebruik het, het ek aanvanklik net bytsoda gekoop. Ek het die geld wat ek gemaak het, gehou en vir aankope en uitbreidings gebruik. Waar die boerdery kon help, het dit.

Wat maak jou onderneming uniek?

Die produk is van die begin tot einde deur my en my gesin se harde werk en toewyding tot stand gebring. Ons is al n gedugte span: My man braai die vet uit, ek maak die seep en die kinders help om die seep skoon te maak en te verpak. Die wat nie met die seep help nie, hou n ogie oor die kleinste kinders. Ons gebruik suiwer skaapvet uit ons omgewing en koop vet aan by die slaghuis op Calvinia, Calvinia Vleis.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voor jy met die onderneming begin het?

Hoe om pryse vas te stel

Wat was die beste raad wat jy nog gekry het?

Om die seep te begin adverteer. As dit nie vir my vriendin Rene van Eeden was wat geglo het ek kan n besigheid van die seep maak nie, sou ek nooit die moed gehad het om te begin nie.

Wat is tans jou grootste probleem?

Om verpakkingsmateriaal te kry. Ons woon tussen niks en nerens, dus kos dit tyd om dit hier te kry. Ek sukkel ook met koerierdienste, want die opsies op ons dorp is beperk. Ander koerierdienste vra weer baie om n pakkie te kom oplaai omdat ons so ver is.
____________________
____________________