Bestandele:
15ml asyn 400ml karringmelk 1 geklitste groot eier 250g margarien 1kg bruismeel 250ml witsuiker Bietjie sout Bring oond tot 180C. Meng asyn, melk, eier en voeg by margarien. Meng die droe bestandele en voeg die nat mengsel by. Meng alles tot n sagte deeg en gooi dan in n pan. Merk die deeg met n mes in vingers. Bak vir 40min. Gebruik toetspen om te sien of mengsel gaar is. Toespen moet skoon uitkom. Nou moet dit afkoel vir 15min of so. Keer die pan uit en breek in vingers. Droog die vingers uit op bakplate teen n stadige hitte, ongeveer 100C. Die uitdroog proses neem so 2-3 ure. Jy kan ook neute in die mengsel insit as n voorbeeld.