Grootdrink Winkel & sy geskiedenis

Here you can buy just about anything. From a toothpick to a pizza. Contact the shop on 054 741-0013. The store is open Mon, Tue, Thur & Fridays 8am - 5pm, but closed between 1 & 2:20pm. On Wednesdays the shop closes at 12pm. Open on Saterday mornings. Facebook: https://www.facebook.com/Grootdrink-Winkel-268494063906550

Geskiedenis van die winkel

Schalk van der Merwe was oorspronklik die eienaar van die winkel. Dit was n opregte algemene handelaar. Dit was n meelhuis, winkel, poskantoor en telefoonsentrale. Daarna het Sydney Squire die winkel bedryf. Later was die winkel deur sy dogter Sheila en skoonseun De Villiers Loubser bedryf.

Bennie Duraan het later die winkel bedryf totdat dit aan sy oudste seun Jannie en sy vrou Babsie Duraan bemaak is. Bennie se jonger seun, Benno, het grond ge-erf. Benno is met Anneke getroud en werk deesdae by die OWK in Grootdrink. Benno en Anneke bly vandag net oor die brug regs by Grootdink. Anneke se oupa, Boet van der Merwe was ook by die Boegoeberg kanaalkonstruksie betrokke.

Die winkel behoort deesdae aan Chris en Anne-Marie van der Westhuizen. Dit het ook nog n poskantoor en bottelstoor. Jy kan deesdae daar ook pizza's bestel.